<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 9

Module 5

Om te vertaal en te tolk

Aktiwiteit 1:

Om te kan vertaal en tolk en om kort, formele praatjies of aanbiedings te gee

[lu 2.1, 2.7]

1. Kies ‘n maat met wie jy kan saamwerk. Elkeen moet nou ‘n kort staaltjie (“storie”) IN SY/HAAR HUISTAAL vertel van hoe hy/sy of iemand wat julle ken vir ‘n slang geskrik het en wat toe gebeur het. Die ander een moet dit dan tolk, met ander woorde, dit moet nou in Afrikaans oorvertel word. Die tolk moet sin vir sin vertaal. Sodra jou maat klaar vertel het en jy as tolk opgetree het, is dit weer jou beurt om jou storie in jou huistaal te vertel. Dit moet kort wees (nie langer as twee minute nie).

2. Berei ‘n kort praatjie voor, met visuele materiaal (m.a.w. prente / foto’s / plakkate / boeke) oor enige reptiel. Onthou dat dit ‘n formele praatjie is. Jy moet goed voorbereid wees en sorg dat jou lyftaal, toon en register reg is en dat jy oogkontak behou met die toehoorders. Hierdie aktiwiteit kan deel wees van jou deurlopende assessering vir graad nege.

3. Hou ‘n kort klasbespreking oor hoe die mens die natuur skade aandoen deur diere soos byvoorbeeld slange dood te maak.

Aktiwiteit 2:

Om inligting te lees en op te som en om begrip te toon vir die gebruik van naslaanwerke

[lu 3.4, 3.8]

1. Vind ‘n naslaanboek of naslaanboeke (soos ‘n ensiklopedie) en soek inligting oor enige interessante dier. Lees die inligting en skryf ‘n kort paragrafie van ongeveer 60 woorde uit die naslaanboek. Jou opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees. Jy moet aan die einde van jou opsomming ‘n BRONNELYS maak. Jou onderwyser sal verduidelik hoe om die naslaanwerk(e) te gebruik en ook hoe die bronnelys moet lyk.

Skryf jou finale opsomming hier:

Aktiwiteit 3:

Om te kan skryf om inligting oor te dra en om taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen te gebruik deur visuele materiaal te gebruik wat die teks aanvul

[lu 4.1, 5.1]

1. Maak ‘n kleurvolle plakkaat oor ‘n reptiel van jou keuse. Daar moet ‘n opskrif en byskrifte wees. Die byskrifte moet hoofsaaklik volsinne wees. Hierdie plakkaat kan deel van jou portefeulje uitmaak en ook vir assessering gebruik word. Dit moet ‘n kreatiewe stuk werk wees, en jy moet onthou dat wat jy op die plakkaat skryf ook baie belangrik is.

Aktiwiteit 4:

Om eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om skriftelik te kommunikeer

[lu 6.2]

Hier volg ‘n paar hersieningsoefeninge oor die ontkennende vorm, die lydende en bedry-wende vorm en direkte en indirekte rede in Afrikaans:

1. Ontkennende vorm

Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm:

  • Ek het al ‘n kwaai swart mamba gesien.
  • Het jy al aan ‘n krokodil geraak?
  • Almal weet waar die boomslang is.
  • Daar is êrens ‘n natuurbewaarder wat die slang sal kom vang.
  • Hardloop vinnig weg!
  • Het die molslang al die rot gevang? Nee, die molslang
  • Sal die kind ooit gesond word nadat die slang hom gepik het? Nee, die kind
  • Is daar iemand wat al aan ‘n luislang geraak het? Nee, daar is
  • Is die slang in die huis? Nee, die slang
  • Maak asseblief die deur toe! Moet

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask