<< Chapter < Page Chapter >> Page >

5. Kies die beste woord uit die volgende lys om die sin te voltooi:

voorskou voorstel voorspel gesien

In die kristalbal gekyk ” beteken dat die wetenskaplikes ________ het hoe dinge in die toekoms sal lyk. (1)

6. Sê in jou eie woorde wanneer en waar die nuwe dokumentêre reeks uitgereik is. (3)

7. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter van jou keuse neer:

“… soortgelyk aan … ” (par. 4) beteken

  1. van dieselfde soort.
  2. amper dieselfde as.
  3. nie dieselfde nie.
  4. presies dieselfde. (1)

8. Verduidelik in jou eie woorde wat bedoel word met: “… mees gevorderde rekenaar-tegnieke… ” (par. 4) (2)

9. Hoe het die vervaardigers dit reggekry om die diere so realisties voor te stel in die dokumentêre reeks? (2)

10. Voltooi:

Al die wetenskaplikes stem saam dat die mens se bestaan op aarde nie

_______ gaan wees nie. (2)

11. Verduidelik in jou eie woorde wat bedoel word met: “… dat hy oor ‘n paar miljoen jaar

uitgesterf sal wees” (par. 6).

Totaal: 20

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 vertaal en tolk:2.1.1 stories uit die huistaal oorvertel in die addisionele taal;2.6 ‘n kort, formele praatjie of aanbieding gee:
  • visuele beelde gebruik;
  • ‘n uitdagende onderwerp (omgewingskwessies) kies;
2.7 ‘n kritiese bewustheid van eie taalgebruik toon.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosio­nele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.4 vir inligting lees en inligting opsom;
3.8 begrip toon van die gebruik van naslaanwerke (inhoudsopgawe, indeks, ensiklopedieë).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doel­eindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en ge­bruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik:
5.1.1 visuele materiaal gebruik wat tekste aanvul.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
  • woordeskat uitbrei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.-3. Mondelinge werk

AKTIWITEIT 2

  • Naslaanwerk en opsomming
  • Bronnelys

AKTIWITEIT 3

  • Plakkaat met byskrifte

AKTIWITEIT 4

1. Ontkennende vorm

1.1 Ek het nog nooit ‘n kwaai swart mamba gesien nie.

1.2 Het jy nog nooit aan ‘n krokodil geraak nie?

1.3 Niemand weet waar die boomslang is nie.

1.4 Daar is nêrens ‘n natuurbewaarder wat die slang sal kom vang nie.

1.5 Moenie vinnig weghardloop nie!

1.6 Nee, die molslang het nog nie die rot gevang nie.

1.7 Nee, die kind sal nooit gesond word nadat die slang hom gepik het nie.

1.8 Nee, daar is niemand wat al aan ‘n luislang geraak het nie.

1.9 Nee, die slang is nie in die huis nie.

1.10 Moet asseblief nie die deur toemaak nie!

2. Lydende vorm

2.1 Die pofadder is deur al die kinders raakgesien.

2.2 Deur wie is die arme slang doodgemaak?

2.3 ‘n Groot rot is deur die slang gevang.

2.4 Die natuur sal altyd deur ons bewaar word.

2.5 Diere moet nie (OF: moenie) seergemaak word nie.

3. Bedrywende vorm

3.1 Ons kan bedreigde diere red.

3.2 Die dokter behandel die pasiënt teen slangbyt.

3.3 My hond jaag ‘n muis.

3.4 Die akkedisse in ons tuin vang ‘n klomp vlieë.

3.5 In die verlede het mense soms skilpaaie geëet.

4. Indirekte rede (Aanvaar enige korrekte variasie.)

4.1 Errol sê dat sy broer gister amper op ‘n slang getrap het. (OF: Errol het gesê dat…)

4.2 Die onderwyseres het belowe (OF: belowe) dat hulle (OF: ons) die volgende dag op ‘n uitstappie sou gaan.

4.3 Jolene het gevra of sy mag saamgaan.

4.4 Jason se ma het gewaarsku dat hulle (OF: ons) nie naby die leeus moes gaan nie.

4.5 Die kinders het geantwoord dat hulle nie so dom was nie.

TOETS

  1. onwaar. “van oor die hele wêreld heen” (2)
  2. Dit het hulle vyf jaar lank geneem. (2)
  3. (b) (1)
  4. Nee, hulle kon nie. “kyk” (2)
  5. voorspel (1)
  6. Dit is in Oktober 2002 uitgereik in Bristol, Engeland. (3)
  7. (b) (1)
  8. eie woorde (2)
  9. Hulle het die diere digitaal op rekenaar geskep. (2)
  10. permanent (of ander aanvaarbare antwoord) (2)
  11. Daar sal nie meer mense op aarde wees nie. (2)

TOTAAL: 20 PUNTE

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask