<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Lydende vorm

Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm:

  • Al die kinders het die pofadder raakgesien.
  • Wie het hierdie arme slang doodgemaak?
  • Die slang het ‘n groot rot gevang.
  • Ons sal die natuur altyd bewaar.
  • ‘n Mens moet diere nie seermaak nie.

3. Bedrywende vorm

Skryf die volgende sinne oor in die bedrywende vorm:

  • Bedreigde diere kan deur ons gered word.
  • Die pasiënt word deur die dokter teen slangbyt behandel.
  • ‘n Muis word deur my hond gejaag.
  • ‘n Klomp vlieë word deur die akkedisse in ons tuin gevang.
  • In die verlede is skilpaaie soms deur mense geëet.

4. Direkte en indirekte rede

Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede:

  • Errol sê: “My broer het gister amper op ‘n slang getrap.”
  • Die onderwyseres belowe: “Julle gaan môre op ‘n uitstappie dieretuin toe.”
  • Jolene vra: “Mag ek saamgaan?”
  • Jason se ma waarsku: “Julle moenie naby die leeus gaan nie!”
  • Die kinders antwoord: “Ons is nie so dom nie!”

TOETS: Leesbegrip

Kyk hoe jy in die onderstaande toets vaar:

Ag Aarde, my dier, dis DIE TOEKOMS …

In ‘n opspraakwekkende dokumentêre reeks kyk wetenskaplikes miljoene jare die toekoms in en sien wilde gediertes wat ‘n mens jou nie in jou wildste drome kan voorstel nie: ‘n vuurvaste krimpvark, ‘n springende slak, of ‘n visvanger-aap …
  1. ‘n Span van sestien wetenskaplikes van oor die wêreld heen, elkeen ‘n spesialis op sy gebied, het vyf jaar gelede die opdrag gekry om te gaan “kyk” hoe die aarde miljoene jare in die toekoms sal lyk.
  2. Die wetenskaplikes het klimaats- en geologiese veranderinge in die verlede in ag geneem, en toe met ‘n mengsel van wetenskaplike kennis en ‘n goeie dosis verbeelding in die kristalbal gekyk.
  3. Die resultaat is ‘n verstommende Britse dokumentêre reeks van dertien episodes met die titel The Future is Wild . Die reeks is pas voltooi en word vandeesmaand uitgereik in Bristol, Engeland, op ‘n fees vir feitelike programme oor die natuurlewe.
  4. Die mees gevorderde rekenaartegnieke is gebruik om die vreemde wesens lewe te gee. Dit het $7,8 miljoen gekos en die resultaat is soortgelyk aan die reeks Walking with Dinosaurs , oor diere van die verre verlede.
  5. Die diere in die program lyk so werklik dat dit moeilik is om te glo dat die beelde digitaal op rekenaar geskep is.
  6. Die wetenskaplikes stem almal oor een ding saam: dat die mens se bestaan op aarde maar van korte duur gaan wees. Hy gaan waarskynlik oor ‘n paar miljoen jaar uitgesterf wees.
Verwerk uit Die Huisgenoot , 3 Oktober 2002

1. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is en haal ‘n frase uit paragraaf 1 aan om jou antwoord te bewys:

Die span wetenskaplikes het almal van dieselfde land gekom. (2)

2. Hoe lank het dit die wetenskaplikes geneem om hierdie dokumentêre reeks te maak? (2)

3. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter van jou keuse neer:

‘n Spesialis (reël 2) is …

  1. iemand met baie kennis.
  2. iemand wat baie van iets spesifieks weet.
  3. ‘n baie intelligente persoon.
  4. ‘n dokter. (1)

4. Kon die wetenskaplikes regtig sien hoe dit in die toekoms sal lyk? Haal ‘n woord uit die eerste paragraaf aan wat jou antwoord staaf. (2)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask