<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 9

Module 4

Om sommige elemente van poësie te verstaan

Aktiwiteit 1:

Om sommige elemente van poësie te verstaan en jou woordeskat uit te brei

[LU 3.2, 6.3]

Lees die onderstaande stuk aandagtig deur en voer die opdragte uit wat daarop volg.

IS JY BANG VIR ‘N SLANG?

Slange is een van die natuur se interessantste diere. Slange is reptiele, want hulle is koudbloedig, net soos akkedisse, krokodille en skilpaaie.Die meeste mense is bang vir slange. As jy skielik op ‘n slang afkom, skrik jy jou gewoonlik boeglam. ‘n Mens se eerste reaksie is dan gewoonlik om te gil en vinnig weg te hardloop. Kenners raai egter aan dat ‘n mens dit nie moet doen nie. ‘n Mens moet glo dadelik doodstil staan (jy moet beslis nie vinnig beweeg nie) en dan moet jy stadig, voetjie vir voetjie agteruitbeweeg, weg van die slang af. Die rede hiervoor is dat ‘n slang sy prooi aanval wanneer die prooi vlug, met ander woorde wanneer die slang ‘n vinnige beweging waarneem. As jy dus vinnig beweeg, sal die slang op die beweging reageer en jou probeer pik.Dis maar ‘n moeilike sakie, of hoe? Dis beslis nie maklik om in sulke omstandighede kop te hou en stil te staan nie! Maar onthou altyd: Moenie hardloop of jou arms rondswaai nie, al is jy hoe bang.Van ons land se giftigste slange is die gelerige Kaapse kobra of geelslang, die pofadder en die boomslang. Die geelslang is ‘n taamlike lang slang en wanneer hy aggressief is, staan hy regop en maak sy kop bak. Dis sy manier om sy prooi of moontlike aanvaller bang te maak. Die pofadder sis weer om jou te verjaag. Die boomslang, wat besonder giftig is, is gelukkig skaam en vlug sodra hy ‘n mens gewaar. Baie min mense word deur boomslange gepik omdat die boomslang nie sommer sal aanval nie. Die geelslang sal ook eerder vlug as hy kan, maar as hy bedreig voel, is hy baie aggressief. Pofadders lê dikwels doodstil op ‘n warm plek soos op ‘n teerpad of in ‘n voetpaadjie, en roer nie sommer nie. Hulle is goed gekamoefleer en daarom sien ‘n mens hulle nie sommer raak nie. Jy moet altyd baie waaksaam wees as jy byvoorbeeld op ‘n bergpad loop, en goed voor jou voete kyk, sodat jy nie per ongeluk op ‘n adder trap nie.Geelslang-gif val jou senuweestelsel aan, en daarom sê ‘n mens dat dit neurotoksies is. Pofadder-gif is sitotoksies omdat dit ‘n mens se weefsel aantas. Die boomslang se gif is weer hemotoksies, want dit keer dat die bloed stol, en daarom kan dit interne bloeding veroorsaak.Elke dier vervul ‘n spesifieke rol in die natuur en ‘n mens moet nooit iets doodmaak tensy dit absoluut noodsaaklik is nie, anders versteur jy die ekologie. ‘n Mens wil egter instinktief iets doodmaak as jy voel dit bedreig jou (soos ‘n spinnekop of ‘n slang), maar dit is nie goed om dit te doen nie. Bel liewers ‘n slangvanger of ‘n amptenaar van Natuurbewaring as jy bedreig voel, sodat die slang na ‘n geskikte plek geneem kan word. Onthou, slange doen goeie werk deur te keer dat rotte en muise plae word.

As jy meer oor slange wil weet, klik op (External Link) of op (External Link) .

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11059/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask