<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Goue muntstuk met ‘n heerser en kruis op

B . WES-AFRIKA

Drie groot ryke het in Wes-Afrika ontstaan en welvarend geword as gevolg van handelsbetrekkings, veral vanaf die ooskus van Afrika. Die ryke van Ghana (700 – 1200 v.C.), Mali (1200 – 1500 ) en Songhay (1350 – 1600) het die handel in die gebied tussen 400 – 1500 beheer. Hul grootste rykdom was goud. Handelaars het goedere vanaf die Meditereense gebiede na die dorpe en stede van Afrika gebring in ruil vir goud, slawe, hout, kolaneute, klei- en ysterprodukte en sout. Baie mense het aan die Islamgeloof behoort weens hul kontak met Moslemhandelaars.

Vervolgens gaan drie van hierdie Ryke kortliks bespreek word.

Ryk van Benin

Die Ryk van Benin ontstaan teen 1100 v.C. in die tropiese woude van die huidige Nigerië. Ivoor, peper, olyfolie en slawe is aan Portugese handelaars verkoop. Die heerser (“odu”) het in ‘n enorme paleis met verskeie binnehowe en gange in die ommuurde stad, Benin gebly, waar wagte diens gedoen het. Die inwoners van Benin was vaardige bewerkers van metale en kunstige houtsneewerkers, aangesien min landbougrond beskikbaar was.

Bronsbeeld, ± 1400 n.C.

Nok-Ryk (900 v.C. – 200 n.C.)

Die inwoners het in dorpies gewoon, landbou beoefen en diere mak gemaak waar die huidige (noord-) Nigerië en Kameroen tans geleë is. Hulle het afgewerkte werktuie van stene, been en hout vervaardig, juweliersware en beeldhouwerke gemaak. Die werktuie was nie werklik doeltreffend nie en landbou het op klein skaal plaasgevind. Teen 400 v.C. het die Nok-mense kennis bekom van yster . Die ysterwerktuie was sterker, meer effektief en makliker vervangbaar. Boerderye kon nou veel meer suksesvol bedryf word.

Ystererts is in ‘n hoogoond teen ‘n hoë temperatuur gesmelt. Sodoende is yster van die onsuiwerhede in die rots geskei. Groot hoeveelhede houtskool is gebruik om oonde teen die regte temperatuur te laat brand.

Dit is belangrik dat die leerder vooraf die kriteria vir assessering ontvang, bv. oorspronklikheid, netheid, korrekte feite, ens.

Ryk van Mali

In die eerste helfte van die 1200’s het die klein ryk van Mali magtiger geword as antieke Ghana. Teen 700 v.C. was Mali sterk en baie georganiseerd weens die groeiende handel. Mali het bekwame heersers gehad. Mali was die eerste groot ryk in Wes-Afrika om te groei as gevolg van die verspreiding van Islam.

Een van die beroemdste heersers was Mansa Musa, wat streng beheer oor die Sahara handelsroete uitgeoefen het. Daar was veral twee beroemde stede in die ryk, nl. Mali (hoofstad) en Timbuktu - die handelsentrum en plek met die baie skole. In sy tyd was Mali waarskynlik een van die grootste wêreldryke! Teen 1400 het Timbuktu ‘n leersentrum geword (tot die 1700’s), met studente van talle Moslemlande wat die universiteit bygewoon het. Die inwoners het goud gedelf en daarmee handel gedryf.

Timbuktu

‘n Nuwe ryk, Songhai , met Gao as hoofstad, het verder suid teen die Nigerrivier ontstaan. Hul heerser het Timbuktu in 1468 oorgeneem. Die goue dae van die ryke van Wes-Afrika het egter tot ‘n skielike einde gekom in 1509 toe die Marokkaanse weermag die Ryk van Songhai oorgeneem het.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
HISTORIESE ONDERSOEK Die leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
  • bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord;
1.2 vrae beantwoord:
  • relevante inligting vir ‘n spesifieke doel uit ‘n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken;
1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne:
  • inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask