<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 6

Afrika se antieke ryke dryf handel

Module 14

Die vroegste ryke in noordoos- en wes-afrika

A. NOORDOOS-AFRIKA

Aktiwiteit 1:

Om verslag te doen oor die vroeë afrika-ryke

[lu 1.3]

Ontwerp ‘n treffende toerismebrosjure waarin die historiese waarde van ‘n Ryk/plek van jou keuse verduidelik word. Toeriste moet ook aangemoedig word om die streek te besoek.

Die Egiptiese beskawing (3000 v.C. – 600 n.C.) was een van die grootste en mees bekende beskawings van sy tyd. Ons gaan eerder op kleiner, meer bekende ryke soos Nubië (of Meroë), Kush en Aksum fokus. (Raadpleeg jou kaart sodat jy weet waar elke Ryk geleë is.)

Goud, ivoor, slawe, koper, yster, juwele, speserye, velle, het handelaars in seilskepe van die Moslemwêreld, Indië en China na Oos-Afrika gebring. Die heersers van groot stede soos Mogadishu, Malindi en Kelwa het baie ryk geword deur belastings te hef as handelaars deur die stede beweeg het.

Ryk van Nubië (750 v.C.– 500 n.C.)

Die Ryk van Kush het aan die suidelike deel van die Nyl ontwikkel. Handel is gedryf met ivoor, goud, velle, volstruisvere en slawe.

Die Ryk van Nubië verder suid van Egipte, wat vandag as Soedan bekend staan, het ook ontstaan. Alhoewel die land deur woestyn omring was, was die grond langs die Nylrivier baie vrugbaar weens die jaarlikse oorstromings. Teen 600 v.C. is die hoofstad na Meroë verskuif. Florerende handel in goud, ivoor, eksotiese diere, olifanttande, hout, yster, velle en vrugte met Egipte en die Meditereense lande en Indië het plaasgevind. Die mense van Nubië se kuns, argitektuur en geloof is deur die Egiptenare beïnvloed, maar hulle het hul eie alfabet ontwikkel. Hulle het vee aangehou, katoen verbou en waterwiele (deur osse getrek) gebou om hul lande te besproei.

Hul is teen 500 n.C. deur die Ryk van Aksum oorgeneem.

Muurtekeninge in Egipte toon duidelik dat Nubiese mans en vrouens halsnoere gedra het, gemaak van diere se tande.

‘n Muurtekening van ‘n Egiptiese grafkelder wat aantoon hoe Nubiërs vir die Farao geskenke van vrugte, juwele, klere en ape bring.

Ryk van Aksum (500 v.C. – 600 n.C.)

Die Ryk het naby die suidelike punt van die Rooisee, in die berge van die huidige Ethiopië net suidoos van Kush ontstaan. Dié goeie ligging het handel in ivoor, speserye, eksotiese diere, goud, kosbare stene, wyn en slawe bevoordeel en hul het al hoe ryker geword. Die meeste inwoners was boere, bouers en houtsneewerkers. Aksum was een van die eerste Afrika-ryke wat die Christendom aangeneem het. ‘n Nuwe styl van regering het gevolg. Sterk heersers en konings het oor spesifieke areas regeer. Laasgenoemde moes belasting invorder van inwoners tot voordeel van die groot ryk. Namate die seeliede beter sisteme ontwikkel het om die wind te verstaan, het handel met die Meditereense lande na die Rooisee, Arabië, lande van die Persiese Golf en Indiese Oseaan aansienlik uitgebrei. Hulle het ook met die Grieke en Romeine handel gedryf.

Daar is met ‘n verskeidenheid goedere handel gedryf

Tipiese paleis van ‘n heerser

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11008/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask