This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Woorde, stories en ander taalsake  (Page 5/5)

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.1 skep eie persoonlike spellys;

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;

6.1.4 gebruik skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken) doeltreffend in alledaagse woorde;

6.1.6 gebruik hoofletters korrek;

6.2 met sinne werk:

6.2.11 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;

6.2.14 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse bywoorde (tyd, wyse, plek);

6.2.15 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, vraend, betreklik.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Respek : ‘n Sinoniem vir eerbied, ontsag, agting/Respek vir iemand hê/koester.

Eerbied : Agting vir iemand anders/Gevoel van bewondering vir

iemand hê

Dissipline : Gehoorsaamheid aan gesag/Ordelike gedrag

Goeie maniere: Die korrekte wyse om iets te doen of om jou te gedra

Etiket : Die voorgeskrewe maniere waarop mens jou moet gedra

Verantwoordelikheid: Die plig wat jy het om rekenskap te gee van jou doen en

late.

Aktiwiteit 2

a)

Ja Nee
Goeie maniere
Eerbied
Respek
Selfsugtigheid

b) Nee, want sy het hom ‘n ou stuk droë brood en ‘n bottel suur bier gegee.

c)

Ja Nee
vriendelik?
mededeelsaam?
selfsugtig?
goedgemanierd?

d) Ons moet vriendelik, behulpsaam en mededeelsaam wees teenoor alle mense – ook teenoor vreemdelinge.

e) Leerders se antwoorde behoort te dui op onbillikheid, onregverdige en gemene spot, verkleinering.

Aktiwiteit 3

Luidlees.

Aktiwiteit 4

Groepe se menings.

Groepe se voorbeelde.

Groepe se standpunte (Ook individuele menings).

Aktiwiteit 5

Eie skryfwerk.

Aktiwiteit 6

a) brood – kan meervoud vorm, nl. brode.

bottel – voorafgegaan deur ‘n.

vere – kan enkelvoud vorm, nl. veer.

prinses – voorafgegaan deur die.

b) ganse wagters nag boere plaas slaapplek

kraal vee bedreiging nag lawaai boer eiendom lammertjies

_ng

drie

bedreiginkie

Dit het verander in _nk_

Aktiwiteit 7

a) kussinkie piesankie

leuninkie koninkie

woninkie horinkie

kettinkie pierinkie

torinkie dorinkie

b) skater-laggies (laggies)

volkies

wolkies

kriekie

armpie

raampie

outjie

slapies (kan voorafgegaan word deur die).

Aktiwiteit 8

a)

Meervoude en Verkleinwoorde
Kernwoord Meervoud Verkleinwoord
veer vere veertjie
bottel bottels botteltjie
brood brode broodjie
wond wonde wondjie
woord woorde woordjie
potlood potlode potloodjie
stem stemme stemmetjie
wolk wolke wolkie
kriek krieke kriekie
boek boeke boekie
raam rame raampie
boom bome boompie
woning wonings woninkie
koning konings koninkie
tekening tekeninge tekeninkie
rekening rekeninge rekeninkie
lam lammers lammetjie
kalf kalwers kalfie
bok bokke bokkie
plek plekke plekkie

b) _f

bowwe bedrywe kerwe skroewe
krewe vywe stowe stowwe
kolwe strawwe klowe gerwe
diewe duiwe hoewe briewe
siwwe gelowe wolwe grawe

Almal eindig op _we.

REËL: Wanneer ’n selfstandige naamwoord in die enkelvoud op f eindig, eindig dit in die meervoud op –we of –wwe. Daar is egter uitsonderings, soos graf – grafte; skof – skofte (bv. werkperiodes).

c)

pa pa’s
ma ma’s
hoera hoera’s
karba karba’s
balju balju’s
skadu skadu’s
radio radio’s
foto foto’s

d)

drie drieë
vlieg vlieë
ploeg ploeë
boog boë
oog
<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.