Dommie het dadelik begin kap en toe die boom val, kry hy ‘n gans met goue vere onder die boom!
(Word vervolg)
(Die Broers Grimm: Die Goue Gans)
Watter eienskappe was waar van Dommie se twee broers?
Ja | Nee | |
Goeie maniere | ||
Eerbied | ||
Respek | ||
Selfsugtigheid |
Dink jy Dommie se ma was goed vir hom? Gee redes vir jou antwoord.
Wat dink jy van Dommie se optrede teenoor die ou man? Was hy . . .
Ja | Nee | |
vriendelik? | ||
mededeelsaam? | ||
selfsugtig? | ||
goedgemanierd? |
Watter les dink jy kan ons uit hierdie eerste gedeelte van die storie leer?
Wat dink jy daarvan dat hulle die jongste broer Dommie genoem het?
AKTIWITEIT 3
OM HARDOP TE LEES EN LEESSPOED AAN TE PAS
[LU 3.1.2]
Oefen tuis om die storie hardop te lees. Gee veral aandag aan vlotheid en duidelike uitspraak. Probeer ook om jou stem reg te gebruik in die dialoog-gedeeltes, dit wil sê waar mense met mekaar praat. Kom lees dit dan in julle groepe hardop aan mekaar voor. Jou opvoeder kan dalk ook versoek dat jy dit aan die klas voorlees. Wees dus gereed daarvoor!
AKTIWITEIT 4
OM DISKRIMINERENDE TAALGEBRUIK TE IDENTIFISEER EN TE BEVRAAGTEKEN [LU 2.4.4]
OM STEREOTIPES TE HERKEN EN TE BESPREEK, ASOOK HOE DIT GESKEP WORD [LU 3.8.2]
OM WOORDASSOSIASIES EN KONSEPTE TE ONDERSOEK EN UIT ‘N ANDER HOEK NA ONDERWERPE TE KYK [LU 5.4.5]
Bespreek in julle groepe wat julle van die jongste seun se bynaam dink. Gee veral aandag aan die volgende:
a) Dink julle sy ouers het reg opgetree oor die benaming “Dommie”?
b) Watter mooi of aanvaarbare byname ken julle? Skryf dit neer. Dink aan voorbeelde onder sportsterre, soos “Vinnige Fanie” (krieket), “Rocky” (boks), “Super Sarel” (tydrenne), “Pistol Pete” (tennis), ensovoorts.
c) Wat is julle groep se standpunt oor benaminge wat op ‘n negatiewe en diskriminerende manier verwys na mense se ras, geslag of gestremdhede?
AKTIWITEIT 5
OM GEVOLGTREKKINGS TE MAAK EN REDES DAARVOOR TE GEE
[LU 5.3.6]
Skryf nou ‘n paragraaf oor elk van die volgende:
Paragraaf 1
Ons groep se mening oor diskriminerende naamgewing
Paragraaf 2
Ek dink name kan mense seer maak
Taalstruktuur en -Gebruik
Woordsoorte
In hierdie module gaan ons vier verskillende soorte woorde probeer uitken. Hulle is
die selfstandige naamwoord (s.nw.)
die byvoeglike naamwoord (b.nw.)
die werkwoord (ww.)
die bywoord (bw.)
Die Selfstandige Naamwoord
Wat is selfstandige naamwoorde?
Dit is woorde wat een of meer van die volgende eienskappe besit:
‘n verkleiningsvorm,
soos gans – gansie
‘n enkelvoud en meervoud,
soos gans – ganse
woordjies soos ‘n en die kan ook altyd sinvol voor ‘n selfstandige naamwoord gebruik word,
soos ‘n gans of die gans;
‘n veer of die veer.
AKTIWITEIT 6
OM SELFSTANDIGE NAAMWOORDE TE IDENTIFISEER
[LU 6.2.11]
a) In elkeen van die vier sinne wat volg, is daar ‘n selfstandige naamwoord. Kan jy hulle uitken? Skryf hulle neer en skryf ook die rede waarom jy sê dis ‘n selfstandige naamwoord, byvoorbeeld:
Hy tel die gans op.
gans: dit word voorafgegaan deur die.
Sy het vir hom ou brood gegee.
Hy het ‘n bottel saamgeneem.
Sy wou net van sy vere pluk.
DIe prinses het lekker gelag.
b) Probeer ook om die selfstandige naamwoorde in die volgende leesstuk te vind. Merk hulle met ‘n kleur van jou keuse.