This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Woorde, stories en ander taalsake

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

SO MAAK MENS

Module 6

WOORDE, STORIES EN ANDER TAALSAKE

AKTIWITEIT 1

OM INLIGTING IN ‘N WOORDEBOEK NA TE SLAAN [LU 3.1.1]

OM SPELLING EN BETEKENIS IN ‘N WOORDEBOEK NA TE GAAN [LU 6.1.6]

Gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende begrippe na te slaan. Skryf dit in die spasies wat daarvoor gelaat is.

AKTIWITEIT 2

OM NA ‘N STORIE TE LUISTER [LU 1.1]

OM TEKSTUELE LEIDRADE TE GEBRUIK OM AFLEIDINGS TE MAAK

[LU 3.1.1]

OM DIE HOOFIDEE EN INTRIGE TE BESPREEK [LU 3.5.1]

OM AFLEIDINGS TE MAAK OOR DIE INTRIGE EN HOOFKARAKTERS

[LU 3.5.2]

Luister eers hoe jou opvoeder die storie van Dommie en die goue gans voorlees. Lees dit dan op jou eie en beantwoord daarna die vrae.

DIE GOUE GANS

‘n Man en vrou het drie seuns gehad. Die jongste se naam was Dommie, want almal het gedink hy is maar dommerig. Almal by die huis het altyd met hom gespot en hom verkleineer.

Die oudste seun het eendag besluit om te gaan hout kap in die woud. Sy ma het vir hom ‘n heerlike pastei gebak en ook vir hom ‘n bottel goeie koeldrank gegee sodat hy darem lekker kon eet as hy sou honger word van al die harde werk. In die woud kom hy ‘n klein ou mannetjie teë en dié sê vir hom: “Goeiedag, jong man. Gee asseblief vir my ‘n klein stukkie van jou pastei en ‘n bietjie koeldrank uit jou bottel, want ek is baie honger en dors.”

Maar die slim jong man sê: “Ek vir jou van my vleis en koeldrank gee? Nee, ek sal nie genoeg vir myself oorhê nie,” en hy stap verder.

Hy begin kap toe aan die eerste boom, maar die ou mannetjie het sy byl getoor, want skielik gly die byl en hy kap sy been raak. Die wond was so groot dat hy nie verder kon werk nie en hy moes dadelik huis toe gaan sodat die wond verbind kon word.

Die tweede seun besluit toe om te gaan hout kap in die bos. Sy ma gee vir hom ook ‘n heerlike pastei en ‘n bottel koeldrank vir sy middagete. Hy ontmoet dieselfde mannetjie langs die pad, met dieselfde versoek: “Gee my asseblief so ‘n ietsie van jou pastei en koeldrank, want ek is honger en dors.”

Hierdie seun het ook gedink hy is slim, want hy sê: “Hoe meer jy eet, hoe minder is daar vir my. Gaan weg!”

Die ou mannetjie het ook sy byl getoor, want toe hy die tweede hou daarmee kap, kap hy ook sy been raak. Hy moes ook huis toe gaan om die wond te laat behandel.

Dommie sê toe vir sy pa: “Pa, ek wil ook graag gaan hout kap.” Maar sy pa antwoord: “Jou twee broers het hulleself beseer. Jy moet maar liewer by die huis bly, want jy weet tog niks van houtkap af nie.” Maar Dommie hou aan neul en uiteindelik stem sy pa in: “Nou goed dan; gaan tog maar, maar jy sal gou jou les leer.” Sy ma gee toe vir hom ’n ou stuk droë brood en ‘n bottel suur bier en so is hy daar weg.

In die bos ontmoet hy dieselfde ou mannetjie wat vra: “Kan ek asseblief van jou pastei en koeldrank kry? Ek is baie honger en dors.”

Dommie sê: “Ek het net ou droë brood en suur bier, maar as jy dit wil hê, kan ons saam daaraan eet en drink.” Hulle gaan sit op die gras en toe Dommie sy ou brood uithaal, sien hy dat dit in die heerlikste pastei verander het. Tot sy verbasing het ook sy suur bier in die lekkerste koeldrank verander. Hulle het lekker geëet en gedrink en toe hulle klaar is, sê die mannetjie: “Omdat jy so goedhartig is en gewillig was om alles met my te deel, sal ek iets goeds vir jou doen. Sien jy daardie ou boom? Kap dit af en jy sal iets daaronder vind.” Toe stap hy weg.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans huistaal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10989/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.