Die verkleinwoord van woorde wat op -ng eindig, verander na _ .
b) Kom ons leer nog meer oor meervoude. Kyk baie goed na die volgende lys woorde:
bof | bedryf | kerf | skroef |
kreef | vyf | stoof | stof |
kolf | straf | kloof | gerf |
dief | duif | hoef | brief |
sif | geloof | wolf | graaf |
Wat merk jy op omtrent hierdie woorde?
Hulle eindig almal op _ .
Skryf nou die meervoud van elk van hierdie woorde neer.
PASOP: sommige eindig op -we en sommige op -wwe!
Skryf nou self ‘n reël oor die meervoude van hierdie woorde wat op f eindig.
c) Gebruik nou 'n goeie verklarende woordeboek, soos die HAT, om die volgende woorde na te slaan en skryf hul meervoude neer.
pa | |
ma | |
hoera | |
karba | |
balju | |
skadu | |
radio | |
foto |
Sê die woorde hardop met die klem op die regte lettergreep.
Reël:
Woorde wat op ‘n beklemtoonde a eindig, kry ‘n afkappingsteken in die meervoud.
Woorde wat op u en o eindig, kry ook ‘n afkappingsteken in die meervoud, bv. skadu’s en foto’s.
d) Slaan nou ook die meervoude van die volgende woorde na:
drie | |
vlieg | |
ploeg | |
boog | |
oog |
Is daar dalk van hierdie woorde wat jy in jou persoonlike woordelys op die laaste bladsy van jou module behoort te skryf? Doen dit dan dadelik, voordat jy Assessering
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, mites, dreunsang, grappe, raaisels en kort toneelstukke) en gepas reageer;
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:
3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;
gebruik vroeëre kennis of tekstuele leidrade om betekenis vas te stel en afleidings te maak;
voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan;
3.5 begrip van fiksie-tekste toon:
3.5.1 bespreek die hoofidee, intrige, ruimte, atmosfeer en karakters;
3.5.2 maak afleidings oor intrige en karakters;
3.8 omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste identifiseer en bespreek:
3.8.2 stereotipes herken en bespreek en hoe dit geskep word;
3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.
LU 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;
5.3 inligting verwerk:
5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor;
5.4 taal gebruik om skeppend te dink:
5.4.1 vorm hipoteses oor die moontlike resultate of slot van ‘n reeks stappe of gebeurtenisse;
5.4.5 ondersoek woordassosiasies en konsepte om uit ‘n ander hoek na onderwerpe te kyk.
LU 6