<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Hierdie beweging het op 8 Februarie 1912 in Bloemfontein tot stand gekom in ‘n poging om die meerderheid van die swart bevolking as ‘n nasie te verenig en hul regte en vryheid te verdedig.

Bywoners en Deelsaaiers

Na die tweede vryheidsoorlog veral was daar baie wit Afrikaners wat werkloos was. Hulle het as bywoners op blanke plase gebly waar hulle ‘n stuk grond vir hulself kon bewerk.

Groot gedeeltes van blanke plase, in die Vrystaat veral, was onbewerk omdat die boere hulle oorwegend toegespits het op skaap- en beesboerdery. Omdat wit boere traag was om na saaiboerdery oor te skakel, het hulle van die grond aan swart boere gegee om te bewerk in ruil vir ‘n deel van die opbrengs (gewoonlik een-derde). Die swart boere het die ploeë, osse en saad verskaf en dan geploeg, gesaai en geoes.

Hierdie swart boere is deelsaaiers genoem. Hulle het ‘n groot bedreiging vir die wit bywoners ingehou. Die bywoners was traag om bevele te gehoorsaam en hulle was ook onwillig om saam met swart arbeiders op die landerye te werk.

‘n Ander belangrike faktor was arbeid. Op die goudmyne was swart arbeid in groot aanvraag.

e) Wet op Stadswartes 1923

Plakkersdorpe het vinnig in die buitewyke van dorpe opgeskiet. Die dorpe is swak deur munisipaliteite bestuur. Die inwoners het nie veel gekry vir die belasting en heffings wat hulle betaal het nie. Daar was ‘n gebrek aan sanitêre geriewe, en ernstige siektes soos tering het dikwels in hierdie oorbevolkte krotbuurte voorgekom.

Generaal Smuts het besluit dat dit die staat se plig was om ordentlike huisvesting aan die stadswartes te verskaf en die woonbuurte behoorlik te bestuur, anders sou dit ‘n skandvlek op die blanke beskawing wees.

Die swartes sou egter nie eiendomme in hierdie woonbuurte besit nie. Die regering se uitgangspunt dat hulle slegs daar is omdat hulle as arbeidsmag tot beskikking van die blankes moes wees. As hulle arbeid nie meer benodig is nie, moes hulle terugkeer na die reservate.

Deur hierdie twee wette het die regering van die Suid-Afrikaanse Party die hoeksteen van segregasie gevorm.

f) Wet op Myne en Bedrywe 1911

Van die begin af is die werksmag in die mynbedrywighede verdeel in klein groepe van geskoolde en semi-geskoolde wit arbeiders en heelwat groter werksmag van ongeskoolde swart arbeiders. Baie wit werkers het van buite die grense van die land gekom en hul vergoeding was heelwat meer as wat die wit werkers wat burgers van die land was, ontvang het. Die swartes daarenteen was baie laag besoldig.

In die goudmyne is ‘n beleid gevolg om geskoolde en semi-geskoolde wit arbeid te vervang met goedkoper, swart ongeskoolde arbeid.

Die Wet op Mijnen en Bedrijfen (1911) het sekere werksomstandighede en veiligheidsmaatreëls bepaal. Ongelukkig het regulasies wat deur die wet voorgeskryf is ten opsigte van die uitreik van bevoegdheidsertifikate vir sekere beroepe in die myne, mettertyd ook gediskrimineer teen swartmense. Die pakt-regering het geen geheim daarvan gemaak dat hy die blanke mynwerker wou bevoordeel bo die swart werker nie. Die wet is in 1926 sodanig gewysig dat bevoegdheidsertifikate vir sekere beroepe soos masjiniste, opmeters en dinamietskieters tot blankes en kleurlinge beperk is.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask