<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Na afloop van die oorlog was die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf nie alleen in staat om verbruikersgoedere op groot skaal te vervaardig nie, maar ook om die masjinerie te bou om hierdie goedere te vervaardig.

Gedurende die oorlog het ‘n grootskaalse industriële uitbreiding plaasgevind in ‘n tyd toe baie geskoolde wit werkers in die weermag was. Gevolglik is swart en bruin arbeid toenemend gebruik in die plek van die wit werkers. Vroue van alle rasse is ook toenemend toegelaat tot die arbeidsmark.

k) Die algemene verkiesing in 1948

Die Nasionale Party het in 1948 aan bewind gekom met ‘n klein meerderheid van vyf setels. Onder leiding van dr D.F. Malan, die eersteminister, is die Suid-Afrikaanse samelewing geherorganiseer volgens die ideale van Afrikaner-nasionalisme.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante proses na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 inligting versamel oor die invloed van ekonomiese beleidsrigtings tydens apartheid op eienaarskap , armoede , welvaart en gehalte ;
2.2 identifiseer stappe om sosio-ekonomiese wanbalanse en armoede reg te stel:
  • herverspreiding van rykdom;
  • regstellende aksie;
  • skepping van werksgeleenthede.

Memorandum

  • Die Unie

Wanneer die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika bespreek word, moet verseker word dat die leerders die begrip unie verstaan. Die verklarende woordeboek beskryf dit as ‘n verbond of vereniging, met ander woorde ‘n samekoms van. . . , groep . . . in hierdie geval vier voormalige kolonies en republieke (staatkundige eenhede) wat saamgesmelt het as ‘n unie met een sentrale regering. Maak gerus ‘n transparant van die diagramme en gebruik dit om die les toe te lig.

  • Stemreg

Wys daarop dat vrouens nie stemreg gehad het nie. Laat die leerders by hul ouers uitvind wat die stemregkwalifikasies tans is.

Aktiwiteit 1

Tel die vier bevolkingsgetalle bymekaar = 5 899 000

  • Blankes: 1 278 000 x 100% = 127 800 000 gedeel deur 5 899 000 = 21,66%
  • Kleurlinge: 517 000 x 100% = 51 700 000 gedeel deur 5 899 000 = 8,76%
  • Swartes: 3 956 000 x 100% = 395 600 000 gedeel deur 5 899 000 = 67,06%
  • Asiate: 148 000 x 100% = 14 800 000 gedeel deur 5 899 000 = 2,51%

Aktiwiteit 2

Totale aantal stemgeregtigdes = 619 900

  • Blanke mans: 497 000 x 100% = 49 700 000 gedeel deur 619 900 = 80,17%
  • Kleurling mans: 46 200 x 100% = 4 620 000 gedeel deur 619 900 = 7,45%
  • Swart mans: 76 000 x 100% = 7 600 000 gedeel deur 619 000 = 12,26%

Aktiwiteit 3

  • 18% van die wit mynwerkers was Suid-Afrikaners
  • 82% van die wit mynwerkers was immigrante

____

100% = 18 600 wit mynwerkers

1% = 18 600 gedeel 100 = 186 wit mynwerkers

18% = 186 wit mynwerkers x 18% = 3 348 wit Suid-Afrikaners

82% = 186 wit immigrante x 82% = 15 252 wit immigrante

Aktiwiteit 4

21% + 16.2% + 7.8% = 45%

45% = R537 000 000,00

1% = R11 933 333,00

  • Landbou: 21 x R11 933 333,00 = R250 600 000,00
  • Mynwese: 16,2 x R11 933 333,00 = R193 319 946,00
  • Vervaardigingsbedryf: 7,8 x R11 933 333,00 = R93 079 974,00

Bruto binnelandse produk: Totale geldwaarde van die opbrengs van hierdie sektore in een jaar.

Aktiwiteit 5

Totaal van wit en swart bevolking: 7 386 000

Totaal van blankes en swartes in die vervaardigingsbedryf: 181 541

  1. 91 024 x 100% = 9 102 400 gedeel deur 7 386 000 = 1,23%
  2. 90 517 x 100% =9 051 700 gedeel deur 7 386 000 = 1,23%
  3. 1 801 000 x 100% = 180 100 000 gedeel deur 7 386 000 = 24,38%
  4. 5 585 000 x 100% = 558 500 000 gedeel deur 7 386 000 = 75,62%
  5. 1,23% = 1,23% = 2,46%

‘n Kwart van die land se bevolking was blankes en hulle het die helfte van die poste in die vervaardigingsbedryf beklee. Die vraag kan aan die leerders gevra word: Watter persentasie was “beskaafde arbeid” en watter persentasie was “onbeskaafde arbeid”? Laat hulle die vraag in die klas bespreek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask