<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 7

Module 15

Die muil van avignon

Die pous en sy muil

Hierdie is die verhaal van pous Boniface (Bô-nie-faas) en sy muil wat êrens tussen 1309 en 1377 in die pouslike paleis in Avignon gewoon het. Avignon is geleë in Provence, Frankryk.

Pous Johannes XXI,I wat hoof was van die Rooms-Katolieke kerk, het Rome met sy howelinge in 1309 verlaat, omdat die Italianers nie kon ophou om onder mekaar te baklei en oorlog te maak nie.

Hulle het hulleself in Avignon, Frankryk gaan vestig. Eers weer in 1377 het hulle na Rome teruggekeer. Boniface was een van die ses pouse wat in daardie tyd in Avignon gewoon het.

Hoofstuk 1

Toe die pouse in Avignon gebly het, was dit ‘n wonderlike stad. Die mense was vrolik en opgewek. Hulle het elke dag fees gevier en optogte deur die stad gehou. Die strate was bestrooi met blomme en behang met vlae. In die huise langs die pous se paleis was almal bedrywig. Party vrouens het kant gemaak en ander het materiaal geweef. Van die mans het musiekinstrumente gemaak. Almal het gesing terwyl hulle werk. Die mense het graag buite gedans, maar die strate was baie nou. Dan het die fluit- en tromspelers op die brug van Avignon gaan speel. Daar was plek vir almal om te dans.

Toe die pouse regeer het, was daar nooit oorlog of ‘n gebrek aan kos nie. Daarom het die mense hulle só gemis toe hulle nie meer daar was nie. Van al die pouse het die mense die meeste van Boniface gehou. Hy het altyd grappies met die mense gemaak as hy op sy muil deur die strate gery het. Elke Sondag na die aanddiens het pous Boniface na sy wingerd, wat hy self buite die stad geplant het, gegaan. Daar het hy saam met sy kardinale en sy muil gesit terwyl die son ondergaan. ‘n Fles wyn met die kleur van robyne is dan oopgemaak. Hy het dit met klein teugies gedrink terwyl hy sy wingerd bewonder. En dan, as die fles leeg was, het hy met ‘n gevoel van vrede in sy hart weer huis toe gery. Wanneer hulle oor die brug van Avignon gery het, het sy muil op die maat van die musiek begin trippel. Die pous het sy hoed saam met die musiek in die lug geswaai. Dit het die kardinale ontstel. Maar die mense het gesê: “O, wat ‘n gawe prins! Wat ‘n wonderlike pous!”

Omdat die pous baie lief was vir sy muil, het hy haar vreeslik bederf. Elke aand na ete het hy vir haar ‘n bak wyn met suiker en kruie geneem. Hy het seker gemaak dat die stal se deur toe is en dat daar genoeg hooi was om te eet. Die muil het verdien om bederf te word. Sy was ‘n pragtige dier met ‘n blink, swart vel en rooi skimmelkolle. Haar rug was breed en sy was vas op haar pote. Haar mooi kop was versier met tossels, knope, strikke en silwer klokkies. Ook was sy so sag soos ‘n engel met groot, onskuldige oë en lang ore. Almal in Avignon het haar met respek behandel en vertroetel. Hulle was hoflik teenoor haar as sy op straat verskyn het. Die mense het geweet dat dit die maklikste manier was om in die pous se goeie boekies te wees. Met haar onskuldige voorkoms het sy baie mense gehelp om ryk te word.

(word vervolg)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11016/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask