<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die opvoeder sal aan elke twee leerders ‘n straatblok toeken. Leerders moet dan die inligting oor die grondgebruik op ‘n tabel soos hierbo invul. Daar word ook van leerders verwag om ‘n rowwe kaart te teken van hulle gebied. Dit moet ook die nommers aandui van die erwe indien moontlik.

BELANGRIK : Moet nie alleen ronddwaal in ‘n onveilige gebied nie. Moenie afdwaal van jou groep nie. Opvoeders moet verseker dat die leerders nie in gebiede geplaas word waar hulle in gevaar mag wees nie.

Opdragte vir groepwerk :

Handig julle werkvelle met data in, asook ‘n netjiese kaart wat die deel van die stedelike gebied uitbeeld waar julle die opname onderneem het.

3. Stedelike dienste

Hoe groter die dorp of stad, hoe meer dienste word gewoonlik aangetref. Hoe meer mense daar in ‘n stad woon, hoe meer mense is daar wat dienste verlang. Vir enige besigheid om winsgewend te wees, is daar ‘n minimum aantal persone nodig wat dit kan ondersteun. Vir ‘n apteek is dit nodig dat daar minstens 2 000 mense moet wees wat die besigheid kan ondersteun. Sekere dienste word egter in alle stede aangetref, soos byvoorbeeld ‘n poskantoor, terwyl ander slegs in sekere stede aangetref word, soos byvoorbeeld ‘n universiteit.

Stedelike dienste val in verskillende kategorieë, soos byvoorbeeld:

a) Openbare dienste soos die biblioteek, landdroskantoor, hospitaal, polisiekantoor, skole en kerke.

b) Finansiële en professionele dienste, soos mediese praktisyne, tandartse, veeartse, prokureurs, banke en versekering.

Kommersiële ondernemings soos apteke, juweliers, meubelwinkels, klerasiewinkels en bakkerye, asook slaghuise en motorhandelaars.

4. Stedelike probleme

Stede ondervind ‘n verskeidenheid van probleme weens faktore soos ‘n snelle toename in inwoners wat druk op die gebied se hulpbronne plaas. Die volgende probleme word in meeste stede ondervind:

a) Verkeersprobleme weens groot aantal inwoners wat paaie moet gebruik.

b) Besoedeling weens gasse vrygestel deur fabrieke en motors.

c) Druk op landbougrond op stedelike soom weens die vraag na grond vir ontwikkeling.

d) Verval van geboue in SSK weens ouderdom en gebrek aan instandhouding.

5. Die impak van menslike bedrywighede op die omgewing

Aktiwiteit 3:

Om probleme te identifiseer en oplossings daarvoor te vind

[lu 2.3]

Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

1. Met watter ernstige probleem het die inwoners van hierdie stad te kampe?

2. Watter stappe kan geneem word om die situasie te verbeter of te verhoed?

3. Watter rol kan herwinning speel in die druk wat die mens se afvalstowwe op die omgewing plaas?

4. Wat sal gebeur as die mense op die aarde aanhou om die omgewing, lug en waterbronne te besoedel?

Verdere opdragte vir groepwerk :

Vind meer uit oor die volgende vorms van besoedeling

  1. Lugbesoedeling
  2. Waterbesoedeling
  3. Grondbesoedeling

Wenke vir die opvoeder:

Die spesifieke module kan met vrug prakties bestudeer word. Moedig die leerders aan om eie inisiatief te neem, asook om te besef wat die waarde is van ‘n verantwoordelike houding teenoor ons natuurlike hulpbronne. Die leerder moet bewus gemaak word van die druk wat menslike bedrywighede, asook menslike ontwikkeling van nedersettings op die natuur het. Die ideaal is om by leerders goeie waardes en verantwoordelikheid teenoor die omgewing aan te kweek.

Assessering

LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • 2.1 verskeie soorte nedersettingspatrone identifiseer en vergelyk [mense en plekke];
  • 2.2 faktore wat die vorming van nedersettingspatrone beïnvloed (natuurlike, ekonomiese, sosiale/politieke faktore) [mense en hulpbronne];
  • 2.3 kritieke faktore identifiseer wat tot die verandering in nedersettingspatrone in Suid-Afrika, Afrika en elders gelei het [mense en omgewing].

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  1. Min of meer in die middel. Altyd in die mees toeganklikste deel van die stedelike gebied.
  2. Lae-inkomste behuisingsgebied. Dit is informele behuising, met ander woorde ‘n plakkersgebied. B is ook aangrensend aan ‘n nywerheidsgebied wat dit uiters ongeskik maak vir hoë-inkomste behuising.
  3. Nywerhede.
  4. Geen voorsiening is vir sportfasiliteite gemaak nie.

AKTIWITEIT 2

Antwoord volgens die gebied waar jy woon.

AKTIWITEIT 3

  1. Besoedeling. Die gebrek aan vullisverwydering as basiese diens is die onderliggende probleem.
  2. Munisipale vullisverwysderingsdiens instel. Die plasing van meer en gratis vullishouers en groot stortingsbakke. Opvoedingsprogramme onder die gemeenskap loods.

Fabrieke in die agtergrond (op die diagram) kan deur wetgewing gedwing word om filters in skoorstene te installeer om besoedeling te verminder.

  1. Baie belangrike rol. Herwinningshouers kan op sentrale plekke geplaas word. Aparte houers (duidelik gemerk) vir papier, glas en blikke.
  2. Omgewingsvernietiging sal op so ‘n skaal toeneem dat toekomstige geslagte nie dieselfde kwaliteit lewe op aarde as die huidige geslag sal kan hê nie. Kan lei tot die uitbreek van siektes en epidemies.

Questions & Answers

how to create a software using Android phone
Wiseman Reply
how
basra
what is the difference between C and C++.
Yan Reply
what is software
Sami Reply
software is a instructions like programs
Shambhu
what is the difference between C and C++.
Yan
yes, how?
Hayder
what is software engineering
Ahmad
software engineering is a the branch of computer science deals with the design,development, testing and maintenance of software applications.
Hayder
who is best bw software engineering and cyber security
Ahmad
Both software engineering and cybersecurity offer exciting career prospects, but your choice ultimately depends on your interests and skills. If you enjoy problem-solving, programming, and designing software syste
Hayder
what's software processes
Ntege Reply
I haven't started reading yet. by device (hardware) or for improving design Lol? Here. Requirement, Design, Implementation, Verification, Maintenance.
Vernon
I can give you a more valid answer by 5:00 By the way gm.
Vernon
it is all about designing,developing, testing, implementing and maintaining of software systems.
Ehenew
hello assalamualaikum
Sami
My name M Sami I m 2nd year student
Sami
what is the specific IDE for flutter programs?
Mwami Reply
jegudgdtgd my Name my Name is M and I have been talking about iey my papa john's university of washington post I tagged I will be in
Mwaqas Reply
yes
usman
how disign photo
atul Reply
hlo
Navya
hi
Michael
yes
Subhan
Show the necessary steps with description in resource monitoring process (CPU,memory,disk and network)
samuel Reply
What is software engineering
Tafadzwa Reply
Software engineering is a branch of computer science directed to writing programs to develop Softwares that can drive or enable the functionality of some hardwares like phone , automobile and others
kelvin
if any requirement engineer is gathering requirements from client and after getting he/she Analyze them this process is called
Alqa Reply
The following text is encoded in base 64. Ik5ldmVyIHRydXN0IGEgY29tcHV0ZXIgeW91IGNhbid0IHRocm93IG91dCBhIHdpbmRvdyIgLSBTdGV2ZSBXb3puaWFr Decode it, and paste the decoded text here
Julian Reply
what to do you mean
Vincent
hello
ALI
how are you ?
ALI
What is the command to list the contents of a directory in Unix and Unix-like operating systems
George Reply
how can i make my own software free of cost
Faizan Reply
like how
usman
hi
Hayder
The name of the author of our software engineering book is Ian Sommerville.
Doha Reply
what is software
Sampson Reply
the set of intruction given to the computer to perform a task
Noor
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11035/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask