<< Chapter < Page Chapter >> Page >

f) ARBEIDS- EN WERKERSREGTE wat sal verseker dat georganiseerde arbeid bemagtig sal word om as 'n effektiewe krag in die heropbou en ontwikkeling van die land betrokke te wees.

g) SUIDER-AFRIKAANSE STREEKSBELEID wat beteken dat heropbou en ontwikkeling in Suid-Afrika moet plaasvind in samehang met ontwikkelinge, omstandighede en beplanning vir Afrika as geheel, ten einde wedersydse voordele te benut.

Aktiwiteit 3:

Opbou van die ekonomie

[lu 2.3]

Groep:

  • Doen navorsing oor die volgende twee inisiatiewe wat hoofsaaklik deur Suid-Afrika geïnisieer is ten einde ekonomiese ontwikkeling in Afrika te koordineer en uit te bou: 1. Die stigting van die AFRICAN UNION (AU) 2. NEW ECONOMIC PROGRAMME FOR AFRICAN DEVELOPMENT (NEPAD)
  • Voorsien 'n voorlegging van hoogstens twee bladsye per inisiatief en gebruik die volgende raamwerk in elke geval: Inleiding, Doelstelling, Funksies, Voordele vir RSA - bronne geraadpleeg. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.

4. Die VIERDE PROGRAM sal fokus op die DEMOKRATISERING VAN DIE STAAT EN GEMEENSKAP waardeur gepoog word om deur demokrasie, ontwikkeling en 'n mens-gesentreerde benadering die weg vir 'n nuwe demokratiese orde in Suid-Afrika te baan.

In hierdie program word die rol van die Grondwet, Handves vir Menseregte, die rol van die nasionale , provinsiale en plaaslike regering, regsadministrasie, die private sektor, semi-staatsondernemings, die polisie en veiligheidsdienste, gemeenskapsdienste en die nie-regeringsorganisasies (NGO's), en 'n demokratiese inligtingstelsel vir die fasilitering van sosio-ekonomiese ontwikkeling uiteengesit.

Aktiwiteit 4:

Demokratisering van die staat en gemeenskap

[lu 2.2]

Groep 1:

  • Doen navorsing oor die basiese inhoud van die Grondwet van Suid-Afrika, asook die Handves vir Menseregte en voorsien 'n samevattende voorlegging van hoogstens twee bladsye oor elkeen, wat ook gebruik moet word vir voorligting aan die klas. Skryf jou eie opsomming hieronder neer.

Groep 2:

  • Doen navorsing oor die struktuur (in organogram-formaat) van die nasionale regering, die provinsiale regerings en die plaaslike regerings. Voorsien drie plakkate waarop die verskillende regeringstrukture voorgestel word. Die plakkate moet ook gebruik word vir voorligting aan die klas. Skryf jou eie opsomming hieronder neer.

Groep 3:

  • Doen navorsing oor semi-staatsorganisasies (ook dié onder die vorige regering) en voorsien 'n voorlegging van hoogstens drie bladsye wat die naam en funksie van elk aandui. Die voorlegging moet ook gebruik word vir voorligting aan die klas. Skryf jou eie opsomming hieronder neer.

Groep 4:

  • Doen navorsing oor TWEE nie-regeringsorganisasies (NGO's) wat in Suid-Afrika werksaam is en voorsien 'n voorlegging van hoogstens 2 - 3 bladsye wat die naam en funksie van elk aandui. Die voorlegging moet ook gebruik word vir voorligting aan die klas. Skryf jou eie opsomming hieronder neer.

5. Die VYFDE PROGRAM sal fokus op IMPLEMENTERING VAN DIE HOP wat die daarstelling van effektiewe HOP-strukture op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak behels wat deurentyd die vordering van die programme moet moniteer. Die belangrikste aspekte van die program behels:

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask