<< Chapter < Page Chapter >> Page >

a) BEPLANNINGSRAAMWERKE wat binne 'n oorhoofse nasionale raamwerk sodanig sal geskied dat dit deur die provinsiale regerings gelei word, aan wie bepaalde magte en funksies vir die taak toegeken is.

b) FINANSIERING VAN DIE HOP wat beskou word as 'n nasionale prioriteit en as sodanig gefinansier sal word. Toekennings sal gedoen word uit nasionale bronne en sal bestaande ongelykhede tussen die provinsies in ag neem, sowel as faktore soos onder andere bevolkingsgrootte, ontwikkelingsagterstande, ens.

Aktiwiteit 5:

Die heropbou en ontwikkelingsprogram (hop)

[lu 2.2]

SELF:

  • Voorsien 'n voorlegging van hoogstens 2 - 3 bladsye waarin jy die ontwikkeling van die verskillende HOP-programme sedert 1994 krities evalueer met verwysing na suksesse en tekortkominge en dui ook aan wat jy sou aanbeveel ten einde die tekortkominge uit te skakel. Skryf jou voorlegging op ‘n folio en na die klasbespreking, skryf die opsomming hieronder neer.

Bron geraadpleeg:

  • ANC, 1994: THE RECONSTRUCTION AND DEVELOPMENT PROGRAMME: A Policy Framework. Umanyano Publications, PO Box 3851, Johannesburg, 1994

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik as die leerder:
2.1 kan bespreek hoe die nasionale begroting en streek- asook internasionale ooreenkomste gebruik word om volhoubare groei en ontwikkeling te fasiliteer;
2.2 die suksesse en tekortkominge van die HOP kan ondersoek en dabateer;
2.3 die rol van besparings en beleggings in ekonomiese vooruitgang en groei kan verduidelik;
2.4 produktiwiteit en die uitwerking daarvan op ekonomiese vooruitgang, groei en wêreld- mededinging kan bespreek.

Memorandum

AKTIWITEIT 1: VOORSIENING IN BASIESE BEHOEFTES

GROEP:

  • Laat leerlinge veral kyk na die gevalle van "beter" behoeftebevrediging van basiese behoeftes in hul eie omgewing. Die mislukkings moet ook bespreek word, sowel as die moontlike redes waarom die programme nie geslaag het nie.

AKTIWITEIT 2: ONTWIKKELING VAN MENSLIKE HULPBRONNE

GROEP:

  • Laat leerlinge veral kyk na programme in hul eie omgewing wat daarop gemik is om beter opleiding te verskaf. Hulle moet evalueer of daar mislukkings was en dan moontlike redes vir die mislukkings verskaf.

AKTIWITEIT 3: OPBOU VAN DIE EKONOMIE

GROEP:

  • Laat groepe die AFRICAN UNION (AU) as plaasvervanger vir die ORGANISATION FOR AFRICAN UNITY (OAU) navors, asook die doelstellings wat daarmee beoog word.
  • Groepe moet ook die NEW ECONOMIC PROGRAMME FOR AFRICAN DEVELOPMENT (NEPAD) navors sodat die beoogde doelstellings van die program duidelik sal blyk.

AKTIWITEIT 4: DEMOKRATISERING VAN STAAT EN GEMEENSKAP

GROEP:

  • Laat die groepe navorsing doen oor 1. die basiese inhoude van die Grondwet en die Handves vir Menseregte; 2. die struktuur van die Nasionale, Provinsiale en Plaaslike regeringstrukture (plakaatvorm) 3. die semi-staatsorganisasies, byvoorbeeld SASOL, ISCOR, KRYGKOR, ens. 4. twee nie-regeringsorganisasies (NGO's) wat in Suid-Afrika werksaam is.

AKTIWITEIT 5: HEROPBOU- EN ONTWIKKELINGSPROGRAM (HOP)

SELF:

  • Leerling moet na aanleiding van voorgaande navorsing, 'n kritiese evaluering van die HOP doen waarin veral verwys word na die suksesse en tekortkominge. Laat hulle ook toe om hul eie aanbevelings te doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11073/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask