<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 8

Volhoubare groei en ontwikkeling

Module 1

Aanloop tot die heropbou- en ontwikkelingsprogram (hop)

By voltooiing van hierdie afdeling sal jy kan ontleed hoe beoog is om die heropbou en ontwikkelingsprogram (hop) te gebruik om ekonomiese ontwikkeling en heropbou te stimuleer.

Suid-Afrika se geskiedenis word gekenmerk deur kolonialisme, rassisme, apartheid, seksisme en onderdrukkende arbeids- en ander wetgewing wat sedert stigting in 1652 die ekonomiese en sosiale omgewing oorheers het. Hierdie genoemde faktore het diepgewortelde ongelykhede in die Suid-Afrikaanse samelewing teweeg gebring wat teen die einde van die 20ste eeu tot rewolusionêre teenstand en uiteindelik tot 'n demokraties verkose regering in 1994 aanleiding gegee het.

Aktiwiteit 1:

LU 2.1

Kolonialisme

Groep:

  • Bespreek wat julle verstaan onder die begrip KOLONIALISME en noem ook voorbeelde van ander state / lande in die wêreld waar kolonialisasie plaasgevind het. Dui ook aan watter groot moondhede by kolonialisering in Suid-Afrika en Afrika betrokke was. Watter "ongelykhede" het kolonialisme in Suid-Afrika teweeg gebring.
  • Voorsien 'n kort verslaggie vir voordrag aan die klas. Skryf die verslag op ‘n los folio en skryf ‘n kort opsomming na afloop van die klasbespreking hieronder.

Aktiwiteit 2:

LU 2.1

Rassisme

Groep:

  • Bespreek wat julle verstaan onder die begrip RASSISME en verduidelik hoedat die konsep die alledaagse lewe beïnvloed. Wat is volgens jul mening die grootste nadele van rassisme, m.a.w. watter "ongelykhede" het rassisme in Suid-Afrika teweeg gebring. Bestaan daar ook rassisme in ander lande?
  • Voorsien 'n kort verslaggie vir voordrag aan die klas. Skryf die verslag op ‘n los folio en skryf ook ‘n kort opsomming na afloop van die klasbespreking.

Aktiwiteit 3:

LU 2.1

Apartheid

Groep:

  • Bespreek wat julle verstaan onder die begrip APARTHEID, waarom het dit ontstaan en watter implikasies het dit vir die Suid-Afrikaanse samelewing gehad, m.a.w. watter "ongelykhede" het apartheid in Suid-Afrika te weeg gebring.
  • Voorsien 'n kort verslaggie vir voordrag aan die klas. Skryf die verslag op ‘n los folio en skryf ook ‘n kort opsomming na afloop van die klasbespreking.

Aktiwiteit 4:

LU 2.1

Seksisme

Groep:

  • Verduidelik wat julle verstaan onder die begrip SEKSISME, en dui aan watter nadele daaraan verbonde is, m.a.w. watter "ongelykhede" het seksisme in Suid-Afrika teweeg gebring.
  • Voorsien 'n kort verslaggie vir voordrag aan die klas. Skryf die verslag op ‘n los folio en skryf ook ‘n kort opsomming na afloop van die klasbespreking.

Aktiwiteit 5:

LU 2.1

Onderdrukkende wetgewing

Groep:

  • Verduidelik wat jul verstaan onder die begrip ONDERDRUKKENDE WETGEWING, en verskaf 'n aantal voorbeelde van sodanige wetgewing wat in die Suid-Afrikaanse samelewing deur die vorige regering afgedwing is. Watter "ongelykhede" is hierdeur in Suid-Afrika veroorsaak?
  • Voorsien 'n kort verslaggie vir voordrag aan die klas. Skryf die verslag op ‘n los folio en skryf ook ‘n kort opsomming na afloop van die klasbespreking.

Aktiwiteit 6:

LU 2.1

Samevattende ontleding

SELF:

  • Van jou word verwag om 'n ontleding te verskaf met betrekking tot elk van bogenoemde begrippe onder die volgende hofies. 'n Netjiese voorlegging van hoogstens TWEE bladsye moet voorberei en ingehandig word, terwyl ‘n kort opsomming geskryf moet word.

1. Begripsontleding

2. Voorbeelde om die begrip te verduidelik.

3. Invloed op die sosiale- en werksomgewing in Suid-Afrika.

Ten einde hierdie "probleme" die hoof te bied het die huidige regering in 1994 die HEROPBOU EN ONTWIKKELINGSPROGRAM (HOP) daargestel wat bedoel is om aan die volgende breë beginsels te voldoen en wat die "ongelykhede" moes uitskakel:

1. Dit moes 'n geïntegreerde en volhoubare program wees, (d.w.s. almal moet ingeskakel word)

2. wat op alle mense gerig is, (d.w.s. alle menslike hulpbronne moet ontwikkel word)

3. wat vrede en sekuriteit vir almal ten doel het, (d.w.s. deur Grondwet moet almal beskerm word)

4. wat nasiebou beoog. (d.w.s. vorige skeidslyne van ryk/arm, wit/swart moet verdwyn)

5. wat heropbou en ontwikkeling sal kombineer, (d.w.s. volledige toegang tot werk/dienste) en

6. wat demokratiese doelstellings sal dien (d.w.s. inspraak ook vanaf voetsoolvlak)

Om hieraan te voldoen word die HOP-doelstellings gegroepeer onder die volgende VYF programme wat mekaar onderling sal ondersteun, naamlik

1. voorsiening in basiese behoeftes van die bevolking;

2. ontwikkeling van mannekrag;

3. die opbou van die ekonomie;

4. demokratisering van die staat en gemeenskap;

5. implementering van die HOP.

Aktiwiteit 7:

LU 2.1

Heropbou en ontwikkelingsprogram (hop)

  • Doen navorsing oor die Heropbou en Ontwikkelingsprogram en verduidelik kortliks wat beoog is met elk van die voorgenoemde programme in die poging van die regering om die ongelykhede van die verlede uit te skakel. Verskaf 'n netjiese voorlegging van nie meer as een bladsy per program nie, d.w.s. hoogstens VYF bladsye. Skryf die opsommings van elk hieronder. ANC, 1994: THE RECONSTRUCTION AND DEVEOPMENT PROGRAMME: A Policy Framework. Umanyano Publications, PO Box 3851, Johannesburg, 199

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik as die leerder:
2.1 die wyse waarop die nasionale begroting gebruik word om groei te beïnvloed en ekonomiese ongelykhede te stel, kan ondersoek en verduidelik;
2.2 die wyse waarop die HOP kan gebruik gewees het om ekonomiese groei en heropbou te stimuleer (bv. kapasiteitsuitbouing, werkgeleenthede), kan ondersoek;
2.3 die belangrikheid van besparing vir beleggings kan bespreek;
2.4 die wyse waarop tegnologie kan bydra tot verhoogte produktiwiteit, ekonomiese groei en lewenstandaard, kan ondersoek en daaroor verslag kan doen.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask