<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Grrad 4

Materie en stowwe

Module 53

Die gebruik van materie in ons huise

Aktiwiteit:

Om saam te kan gesels oor die gebruik van materie in ons huise, veral plastiek

[lu 1.1.1]

Plastiek

Dink gou aan enige gebruik vir ‘n plastieksak. Moenie net aan gewone alledaagse dinge dink nie, wees kreatief en dink oulike idees uit. Hoeveel gebruike kon julle groep in 2 minute uitdink? Gee terugvoering aan die klas.

Probeer die volgende (1):

Neem ‘n joghurtbakkie, ‘n rekkie en sommige van die volgende materiale: kombuispapier, karton, wol, katoen, tinfoelie, plastiek, ‘n servet. Neem elkeen van die materiale, plaas dit op die joghurtbakkie en bind die rekkie om. Drup ‘n teelepel water op elke stuk materiaal en kyk wat gebeur. Syfer die water deur?

Wat was die beste materiaal om die water uit te hou?

Probeer die volgende (2):

Kom ons maak ‘n valskermpie. Gebruik die volgende materiale om ‘n valskerm te maak en gooi dit elke keer van dieselfde hoogte af: koerantpapier, plastiek, katoensakdoek, karton, sneesdoekie, skryfpapier. Kyk watter materiale werk die beste.

Skryf die lede van julle gesin se name onder mekaar neer. Skryf die plastiekitems wat hulle daagliks gebruik, langs elkeen se naam neer. Wie gebruik die meeste plastiekitems in julle huis?

Ongelukkig neem dit baie lank vir plastiek om te ontbind. Die regering het vanaf 2003 standpunt hieroor ingeneem en alle gratis plastieksakke by winkels verbied. Kliënte moet nou hulle eie inkopiesakke saamneem wanneer hulle inkopies doen, of moet nuwes koop.

Hou ‘n redenaarskompetisie om hierdie aspek te bespreek.

Ontwerp ‘n nuwe soort winkeldrasak om die probleme wat bespreek is, op te los.

Plak alle soorte plastiek wat jy in jou huis kan kry op 'n vel papier

Tot onlangs was die plastieksakke ‘n groot probleem in ons pragtige land, want dit het ons land ontsier deurdat dit oral rondgelê het. Dink net waar hierdie sakke oral beland het en waarvoor dit alles gebruik en misbruik is.

Jy tel ‘n plastieksak in die straat op. Dit is vuil, geskeur en vol gemors. Die plastieksak se naam is Plassie. Teken nou ‘n strokiesprent oor die lewe wat Plassie tot nou toe gelei het: ‘n lewe vol gevaar, met baie wedervaringe, maar tog het hy oral ‘n goeie doel gedien.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die l eerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder

1.1 ondersoeke beplan, bv.:

1.1.1 stel aktiwiteite voor om met die materiaal te probeer doen.

Memorandum

Probeer die volgende (1)

  • Laat leerders self die eksperiment doen.

Probeer die volgende (2)

  • Laat leerders self die eksperiment doen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask