<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Mars word ook die Rooi Planeet genoem omdat die yster in die grond ‘n rooi skynsel afgee. Die atmosfeer is ongeveer 100 keer minder dig as dié van Aarde. Dit bestaan uit koolstofdioksied met baie klein hoeveelhede waterdamp. In die winter vorm daar yspakke by ‘n temperatuur van –125 grade Celsius. Somertemperature bereik ‘n maksimum van 20 grade Celsius.
Illustrasie van die posisie van die planete in die sonnestelsel |
![]() |
DIE BUITE PLANETE
Jupiter bevat meer as 300 keer soveel materie as die aarde en is die grootste planeet in die sonnestelsel. Jupiter is ‘n reusagtige bol vloeistof en gas en het moontlik geen soliede oppervlak nie. Al wat deur ‘n teleskoop gesien kan word, is wolke wat in gekleurde stroke om Jupiter reik. Jupiter het ‘n groot rooi merk wat bekend staan as die Groot Vlek. Dit is ‘n orkaan (‘n storm) wat permanent woed en ‘n oppervlakte groter as die aarde beslaan.
Saturnus is die tweede ’gasreus’ en is baie soos Jupiter. Dit bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium met ‘n oppervlaktemperatuur van
–170 grade Celsius. Saturnus se skouspelagtige ringe maak hom een van die helderste voorwerpe aan die hemel. Die ringe beweeg om die planeet se ewenaar in ‘n baie dun skyf. Dit bestaan uit miljoene stukkies ys, amper soos sneeuballe. Saturnus het sewentien mane, waarvan Titan waarskynlik die grootste maan in ons sonnestelsel is. Twee Voyager-tuie is reeds gestuur om die buite-planete te verken. Saturnus is ag keer verder as die son van ons. Dit neem die radioseine langer as ‘n uur om die aarde te bereik.
Hierdie drie planete is baie ver en staan bekend as die ‘ysreuse’. Oppervlaktemperature wissel van –197 grade Celsius tot –233 grade Celsius.
Die volgende rympie help om die volgorde van die planete, volgens afstand
van die son, te onthou:
M eneer V an A arde, M ag J ou S eun U iteindelik N ederlands P raat!
_____________________________________________________________________

OPDRAG 5
Beantwoord die volgende vrae:
1. Watter planeet word warm genoeg sodat lood daarop sal smelt?
_____________________________________________________________________
2. Verskaf twee redes waarom lewe, soos ons dit ken, onmoontlik is op Mars.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Waarom word Venus soms die tweelingplaneet van die aarde genoem?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?