<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Planeet aarde en die heelal

Die binneplanete

Opvoeder afdeling

Memorandum

Opdrag 4:

  • Mercurius; Venus; Aarde; Mars; Jupiter; Satarnus; Uranus; Neptunus; Pluto

Opdrag 5:

1. Mercurius

2. Daar is geen suurstof, asook geen water, op Mars nie. Die atmosfeer is ook nie dig genoeg om die skadelike UV-strale uit te hou nie.

3. Venus het amper dieselfde massa en grootte as die aarde.

4. Venus (swawelsuur)

5. Mars se wentelbaan is baie nader aan die son as Neptunus s’n.

6. Die maan.

7. Daar is yster in die grond wat die grond ‘n rooi kleur gee.

8. Genoeg suurstof en water; klimaat geskik vir plantegroei; atmosfeer regte dikte en digtheid. (2)

9. Indien noodseine of bevele gestuur word, bereik dit eers die aarde twee uur later. Die ontvangs is ook soms baie swak.

Totaal: 10

Opdrag 6:

  • Gebruik assesseringsmatriks.

Opdrag 7:

1. Venus en aarde.

2. 150 miljoen km; Dit is die afstand wat die aarde van die son af is en waar ons tans oorleef.

3. Mercurius

4. Venus en Mars; lê weerskante van die aarde; nie te ver of te naby die son nie.

5. Ja. Hoe nader die planete aan die son lê, hoe hoër is die gemiddelde spoed.

6. Moontlik as gevolg van die aantrekkingskrag en energie van die son.

7. 4 minute

24 x 60 minute = 1440 minute (dit neem die aarde 24 uur om sy eie as te roteer)

1 440 minute gedeel deur 360 grade = 4 minute

Opdrag 8.1:

Vrae:

1. Foto’s toon dat daar droë rivierbeddings op Mars is. Al die water het verys en by die pole versamel. Hulle vermoed dat daar groot seë en riviere was. Hierdie water is nou ondergronds.

2. Die gemiddelde temperature was heel moontlik hoër.

3. Mars is verder as die aarde van die son en ontvang dus minder energie van die son. Alhoewel die son ‘n ontsaglike groot bron van energie is, gaan dit ook mettertyd krimp en verswak.

4. ‘n Mens sal baie moeilik en vlak asemhaal en gou sterf, aangesien daar te veel koolstofdioksied in die lug is.

Opdrag 8.2:

Vrae:

1. -60 grade

2. Dag 1: 18:20

Dag 2: 10:45

3. Dag 1: 14:30

-15 grade

4. vanaf 06:00

5. Wanneer daar ‘n stofstorm kom, absorbeer dit die hitte van die son en dit laat temperature styg. Daar is ook baie koolstofdioksied in Mars se atmosfeer en dit kan ook die temperatuur verhoog.

  • Oop antwoorde; enige realistiese verduideliking.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die planete van ons sonnestelsel te bespreek [lu 1.2, lu 1.3, lu 2.1, lu 2.2, lu 2.3]

  • Mercurius

Dit is die naaste planeet aan die Son. Mercurius het baie kraters op die oppervlak wat veroorsaak is deur asteroïdes wat met die planeet gebots het. Mercurius het nie ‘n atmosfeer of enige mane nie. Die temperatuur by die ewenaar is ongeveer 400 grade Celsius en by die pole is dit –150 grade Celsius.

  • Venus

Venus het wel ‘n atmosfeer van koolstofdioksied en dit is baie digter as dié van die aarde. Sy oppervlakte word verberg deur dik wolke swawelsuur. Temperature op die oppervlakke bereik ongeveer 480 grade Celsius. Venus is ongeveer dieselfde grootte as die aarde en het ook ongeveer dieselfde massa.

  • Aarde

Sover bekend, is die aarde die enigste plek in die Heelal waar daar lewe is. Temperature op die oppervlak wissel van 60 grade Celsius tot –90 grade Celsius. Ongeveer twee derdes van die oppervlak is met vloeibare water bedek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask