<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 5

Besin voor jy begin!

Module 10

Bestuur van finansies

Opdrag 1

  1. Elke maand is daar baie dinge waarvoor jou ouers moet betaal. Vra jou ouers om jou te help om ‘n lys te maak van10 dienste of goedere waarop hulle elke maand hul geld spandeer. Laat hulle ook langsaan elke uitgawe ‘n persentasie skryf van die uitgawe vir ‘n spesifieke diens of dinge.
Tipe Uitgawe Diens of Goedere Persentasie
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10

[LU 1.1]

(b) Teken ‘n kolomgrafiek om die vyf dienste of goedere aan te dui waarop jou ouers die meeste geld maandeliks moet spandeer.

  1. Hou ‘n klasbespreking om te bepaal of al die huishoudings se vyf hoogste uitgawes dieselfde is. Indien daar verskille is, motiveer waarom.

Opdrag 2

Het jy enige pligte wat jy daagliks/weekliks/maandeliks moet uitvoer? Gee ‘n kort WERKBESKRYWING van ten minste vyf take waarvoor jy verantwoordelik is.

Verrig jy hierdie take getrou?

Waarom?

[LU 3.1]

Opdrag 3

Wat is die eienskappe van ‘n goeie bestuurder? Maak ‘n kruisie in die toepaslike kolom:

‘n Goeie bestuurder Ja Nee
1. Vermy moeilike en onaangename situasies.
2. Is sterk en standvastig in moeilike situasies.
3. Is bereid om van opinie te verander.
4. Sien nie ander se standpunte in nie.
5. Is altyd bereid om te help.
6. Vermy moeilikheid en blameer ander vir probleme.
7. Merk geleenthede vir verbetering op.
8. Is eerlik en oop.
9. Is ‘n goeie luisteraar.
10. Prys, motiveer en gee graag rigting.
11. Het ‘n groot hart.
12. Sê dat jou probleme tuis hoort.
13. Neem self besluite sonder om die mense wat daardeur geraak word, te raadpleeg.
14. Sorg dat alles betyds klaarkom.
15. Is ‘n voorbeeld met sy kennis en vasberadenheid.

[LU 3.1]

Agtergrond
Elke bestuurder se leierskapstyl is anders. Daar is hoofsaaklik drie style, nl. ‘n demokratiese , ‘n outokratiese en ‘n laissez-faire styl.‘n Demokratiese leier betrek sy spanlede by besluitneming en moedig hul aan om hul opinies uit te spreek.‘n Outokratiese leier is taakgerig en doen al die beplanning en dinkwerk op sy eie.‘n Laissez-faire leier laat almal toe om te doen soos wat hy/sy wil en doen geen moeite om die span te beheer nie.

Opdrag 4

Elke opvoeder by die skool het sekere pligte waarvoor hy of sy verantwoordelik is. Jou opvoeder sal aan julle groep ‘n pligstaat van die skool verskaf. Kies ‘n gewone opvoeder (± 5 jaar onderwys) en ‘n departementshoof (± 10 jaar) en maak ‘n lys van al die pligte waarvoor hy/sy verantwoordelik is.

Naam van gewone opvoeder

Pligte

Naam van departementshoof

Pligte

Is daar ‘n opmerkbare verskil tussen die take van die twee opvoeders?

Indien wel, waarom?

[LU 1.1]

Opdrag 5

Jy is pas as klaskaptein gekies. Maak ‘n lys van al die pligte en verantwoordelikhede wat ‘n klaskaptein behoort te hê.

[LU 3.1]

Opdrag 6

Die werkers by die skool het nie meer tyd om daagliks julle klas skoon te maak nie. Jou klasonderwyser het vir jou opdrag gegee om hierdie taak te organiseer. Die leerders in die klas sal beurtelings verantwoordelikheid moet neem om die klas skoon te maak.

  1. Maak ‘n lys van take wat elke dag verrig moet word, bv. bordwissers moet uitgeslaan word.
  2. Beplan hoe jy te werk wil gaan sodat elkeen in die klas ‘n beurt sal kry om die klas skoon te maak (bv. diensrooster).
  3. Wanneer gaan die klas skoongemaak word?
  4. Hoe gaan jy kontrole uitoefen?
  5. Wat gaan jy met leerders doen wat versuim om hul pligte na te kom?
  6. Hoe gaan jy dit hanteer as ‘n leerder op sy betrokke diensbeurt afwesig is.

[LU 3.1]

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word

LU 3

Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Ons weet dit as die leerder die volgende doen :

3.1 neem deel aan en toon bestuurs- en leiersrolle in die klas en by die huis in die afwesigheid van volwassenes;

Memorandum

Opdrag 1a. Hierdie is ‘n tuiswerkopdrag wat elke leerder saam met sy ouers kan voltooi.

Moontlike antwoorde/uitgawes:

  • Kruideniersware goedere
  • Water en elektrisiteit diens
  • Telefoon diens
  • Huispaaiement goedere
  • Motorpaaiement goedere
  • Brandstof goedere
  • Skoolgeld diens
  • Klere-uitgawes goedere
  • Spaar diens
  • Polisse diens
  • Al die uitgawes saam moet in totaal 100% wees.

Opdrag 1C

Mag verskil

Hou ‘n klasbespreking van huishoudings se uitgawes en lei so af watter uitgawes die meeste voorkom.

Opdrag 2

Mag verskil

Opdrag 3

Die eienskappe van ‘n goeie bestuurder word met die klas bespreek; die eerste vyf eienskappe kan as ‘n klasgroep voltooi word, waarna die laaste tien individueel voltooi word en geassesseer word.

1. Nee

2. Ja

3. Ja

4. Nee

5. Ja

6. Nee √

7. Ja √

8. Ja √

9. Ja √

10. Ja √

11. Ja √

12. Nee √

13. Nee √

14. Ja √

15. Ja √

Opdrag 4

Kan verskil. Die verskillende bestuurstyle word aan die klas verduidelik en die pligstate van die opvoeders van ‘n skool kan aan groepe uitgedeel word, waarna die opdrag voltooi kan word.

Opdrag 5

Kan verskil. Die leerder moet met hierdie oefening besef dat om as ‘n klaskaptein gekies te word, nie net ‘n voorreg is nie, maar ook sekere verantwoordelikhede vereis.

Opdrag 6

Kan verskil. Die leerder word blootgestel aan die geleentheid om sekere take te kan bestuur.

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 05, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10973/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask