<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Evaluering:

  • Wanneer Mercedez Benz ‘n nuwe motor vervaardig het, word hy deeglik getoets en geëvalueer. Dit is belangrik, aangesien hulle moet weet waar hulle op die volgende modelle moet verbeter. Netso moet jy jouself ook afvra of jou model aan al die spesifikasies voldoen. Dit is ook altyd insiggewend om ander se opinie oor jou model te vra. Wees eerlik met jouself en kritiseer jou ontwerp. Jy kan jouself ook vra hoe jy die projek sou aanpak, indien jy dit sou oordoen.
LU 1.13

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
tegnologiese prosesse en vaardighede Die leerder is in staat om tegnologies prosesse en vaardighede eties en verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ondersoek:1.1 die agtergrondkonteks, die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense wat betrokke is wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid in ‘n nasionaal relevante konteks gegee word ondersoek;
1.3 praktiese toetse in die tegnologiese veld ontwikkel en uitvoer;
1.4 gepaste soorte tegnologie en metodes gebruik om die volgende te doen:
  • versamel toepaslike data uit verskillende bronne of hulpbronne;
  • gebruik soektegnieke;
  • verkry toepaslike data;
  • maak sinvolle opsommings;
  • gebruik inligting om besluite en idees te staaf en te ondersteun;
ontwerp:1.5 ‘n kort en duidelike stelling of ontwerpopdrag skryf vir die ontwikkeling van ‘n produk of stelsel in reaksie op ‘n gegewe of geïdentifiseerde situasie;
1.6 ‘n lys opstel van produk- en ontwerpspesifikasies en -beperkinge vir ‘n oplossing vir ‘n geïdentifiseerde of gegewe probleem, behoefte of geleentheid, gebaseer op die meeste van die onderstaande kernontwerpwoorde:
  • mense: ouderdomsteikenmark;
  • doel: funksie;
  • voorkoms: kleur, vorm;
  • omgewing: waar gaan produk gebruik word;
  • veiligheid: vir gebruikers en vervaardigers;
  • koste: koste van materiaal;
1.7 verskeie alternatiewe oplossings genereer en aantekeninge skryf oor idees wat met die ontwerpstelling en -spesifikasies verband hou;
maak:1.9 ‘n plan ontwikkel vir die maak van ‘n produk, met besonderhede oor al die volgende:
  • hulpbronne benodig;
  • sketse wat die afmetings of hoeveelhede aandui;
  • al die stappe wat nodig is om die produk te maak;
1.10 gepaste gereedskap en materiaal kies om produkte deur middel van gepaste tegnieke te maak deur verskillende soorte materiaal akkuraat te meet, uit te merk, te knip/sny of te skei, te vorm of te vervorm, te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.12 veilige werkpraktyk gebruik en ‘n bewustheid toon van doeltreffende maniere om materiaal en gereedskap te gebruik;
evalueer:1.13 die produk of stelsel met ‘n mate van objektiwiteit toets en evalueer, gebaseer op objektiewe kriteria wat met die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings verband hou, en stel sinvolle verbeteringe of wysigings voor;
kommunikeer:1.15 idees aanbied deur van twee-dimensionele of drie-dimensionele sketse, stroombaandiagramme of stelseldiagramme gebruik te maak wat al die volgende kenmerke insluit:
  • benutting van SA tekenkonvensies (bv. dimensielyne, benoeming, lyntipes, simbole);
  • notas om ontwerpkenmerke en beredenering te kommunikeer; bevordering van betekenisvolle sketse soos finale oplossing-sketse.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 8. OpenStax CNX. Sep 13, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11051/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask