<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die armer mense se kinders het by die huis gebly en het hulle ouers op die landerye help werk.

Sommiges het handelaars geword, ander weer bediendes, terwyl party ambagte aangeleer het. Hierdie kinders het nie so jonk getrou nie en het altyd hulle ouers versorg wanneer hulle oud was.

Beantwoord nou die volgende vrae:

(a) Vul die ontbrekende woorde in:

Gedurende die Middeleeue het die ryk mense in __________gewoon. Die seun se naam is ________ . Hy het elke dag onderrig ontvang by 'n

_________. Die taal waarin hy onderrig is, was. (2)

(b) Watter twee soorte diere was betrokke by die sportsoorte wat Tristan beoefen het?

(2)

(c) Wat het Tristan nodig gehad om mee te skerm?

(1)

(d) Die volgende stelling is onwaar. Skryf dit asseblief oor sodat dit waar sal wees.

Dogters is geleer hoe om te kook en skoon te maak.

(2)

(e) Kies die regte syfer tussen hakies:

Dogters kon trou wanneer hulle (10, 11, 12) jaar oud was en die seuns wanneer hulle (10, 12, 14) jaar oud was. (2)

(f) Verander die vetgedrukte woord sodat die stelling waar is.

Die ryk mense se kinders het hulle ouers versorg. (1)

Totaal: 10

3. KLEREDRAG UIT DIE MIDDELEEUE

Bestudeer die sketse van die kleredrag van die seun en die dogter uit die Middeleeue.

Verdeel nou in groepe van twee. Maak saam met jou maat ‘n brosjure. Elke groep ontwerp ‘n brosjure met ‘n skets van ‘n moderne seun of dogter! Die kleredrag moet volledig beskryf word m.b.v. die byskrifte.

Beoordeel ‘n ander groep se brosjure m.b.v. die assesseringsruit.

Algemene indruk / 10
Illustrasie / 10
Inligting / 10
Aanbieding / 10
Ander hulpmiddels / 10
TOTAAL
LU 4.5.2
Groeplede se name: 1.
2.

4. ROLSPEL

Span die verbeelding in. Verdeel weer in groepe van twee. Rolspeel enige een van die volgende twee gesprekke.

(a) ‘n Dertienjarige dogter van ‘n ryk edelman probeer haar pa oortuig dat sy nie met sy vriend se veertienjarige seun wil trou nie. Haar pa probeer haar oortuig dat sy nie ‘n keuse het nie.

(b) ‘n Veertienjarige seun van ‘n ryk edelman probeer sy ma oortuig waarom hy nie met ‘n ander ryk edelman se dertienjarige dogter wil trou nie. Sy ma probeer hom oortuig dat hy nie ‘n keuse het nie. Assesseer jou maats deur die toepaslike simbole aan te bring.

Naam en Van Lyftaal Stemtoon Argumente Taalgebruik
LU 2.2.2

Assessering

LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.3 begin om leesspoed te verbeter en te evalueer;
3.7 lees vir genot:
3.7.2 lees enkele nuwe tekssoorte (soos ‘n roman);
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels);
3.8 toon begrip van die gebruik van naslaanwerke:
3.8.2 gebruik ‘n woordeboek en verstaan ‘n woordeboekinskrywing (spelling, klem, uitspraak, woordsoort, betekenis).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 vul vorms en roosters in;
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.2 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige brosjure te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer;
4.7 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.7.2 begin om bewustelik vanuit ‘n sekere perspektief te skryf.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos “handel” in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe);
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?);
5.2.2 definieer en klassifiseer.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm;
6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde.

Memorandum

'n Tydlyn is 'n lyn waarop datums en gebeure chronologies aangedui word.

1.

(a) Ek is in 1988 gebore.

(b) Op my sesde verjaardag het ek my eerste fiets gekry.

(c) Gedurende my agste jaar het ek 'n prys vir goeie werk gewen.

(d) Ek was baie siek in 1998.

(e) My ma het my toegelaat om aan te trek wat ek wou nadat ek twaalf geword het.

2.

(a) kastele; Tristan; leermeester; Latyn

(b) perde; valke

(c) Hy het 'n houtswaard en 'n houtskild nodig gehad.

(d) Dogters is geleer om te weef en naaldwerk te doen.

(e) 12; 14

(f) Die arm mense se kinders het hulle ouers versorg.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask