<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

MY WOONPLEK

Module 13

MY HUIS

Vir die Opvoeder:

Taalstrukture en Spelling

Modules 13 tot 20 bevat baie aktiwiteite wat deur middel van die kommunikatiewe benadering sekere taalstrukture aanleer. Hierdie taalstrukture kan wel in die klas aangebring word, byvoorbeeld:

Woordeskat

Vir elke vertrek in die huis, asook die buitekant van die huis, moet die woordeskat aangeleer word. Die woorde kan op flitskaarte aangebring word.

Kleure

'n Kleurkaart met die name van die kleure kan as naslaanbron gebruik word.

Leestekens

Die gebruik van die leestekens kan deur middel van voorbeelde aan leerlinge vertoon word.

VOORBEREIDING

Sekere aktiwiteite verg voorbereiding.

  • By die luistervaardigheid moet die volgende woorde óf op flitskaarte óf op die bord óf op 'n transparant geskryf word.

skoorsteen muur rook motorhuis

paadjie dak swembad voordeur

posbus heining tuin venster

lugdraad

  • Die leerlinge moet HUIS TE KOOP-advertensies uit koerante skool toe bring. Gee genoeg tyd vooraf.
  • By die BINGO-SPELETJIE moet die prentjies los geknip word en liefs nie vooraf aan die leerders getoon word nie.
  • By die eerste aktiwiteit ONS BOU 'N HUIS benodig die leerders gom en 'n skêr.
  • Om die aktiwiteit oor saamgestelde woorde (samestellings) te doen, moet die woorde op flitskaarte geskryf word en opgeknip word om aan elke leerder in 'n groep 'n deel van die woord te gee.
  • By die aktiwiteit KOM ONS MAAK BED OP kan die aksies as 'n klasgroep saam met die opvoeder gedoen word. Die opvoeder kan dit 'n paar keer herhaal totdat die leerders dit redelik gemaklik kan doen.

Aktiwiteit 1

Om voorwerpe te klassifiseer [LU 5.2.3]

Om woordeskat op te bou [LU 6.3.4]

Kom ons bou 'n huis (woordeskat)

Knip die prentjies van die verskillende kamers uit en plak elkeen in die regte spasie. Doen dit eers individueel en vergelyk jou voltooide prentjie met 'n maat s'n. Lees die vertrekke se name vir mekaar.

Aktiwiteit 2

Om ‘n liedjie op te voer [LU 2.4.3]

Dis my huisie ('n liedjie)

Sing die liedjie oor die huisie wat julle gebou het. Probeer ook om julle eie versie op te maak. Sing dit op die wysie van "Twinkle, twinkle, little star."

Aktiwiteit 3

Om eenvoudige sinne te skryf [LU 4.2.1]

Die vertrekke in ons huis (mondeling en skriftelik)

Kom ons bou sinne. Werk saam in julle groepe om sinne te vorm. Doen dit eers mondelings. Skryf dan enige vyf sinne in die spasie onderaan.

.................................................................................................................

.................................................................................................................

.................................................................................................................

.................................................................................................................

Aktiwiteit 4

Om eenvoudige vrae te beantwoord [LU 1.1.1]

Om ander ‘n beurt te gee om te praat[LU 1.5.1]

Om na ander te luister [LU 1.5.2]

Nee! ('n mondelinge aktiwiteit)

Werk in groepe en neem beurte om 'n vraag te vra. Die leerder wat die vraag beantwoord, begin elke keer sy/haar antwoord met "Nee, ..." en dan sê hy/sy die regte sin.

Julle kan selfs 'n maat se naam voor aan die vraag noem.

VRAE : Bad jy in die studeerkamer?

Speel jy speletjies in die kombuis?

Eet jy in die eetkamer?

Kook jy kos in die sitkamer?

Kyk jy televisie in die badkamer?

Ontvang jy besoekers in die kelder?

Assessering

Leeruitkoms 1: luister

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):

  • letterlike vrae beantwoord;
  • ander leerders respekteer:

1.5.1 ander leerders ‘n beurt gee om te praat.

1.5.2 luister na ander.

Leeruitkoms 2: praat

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik:

2.4.3 ‘n bekende rympie, gedig of liedjie opvoer.

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • vir ‘n sosiale doel skryf:

4.2.1 ‘n eenvoudige nota of boodskap skryf.

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:

6.3.4 ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks verstaan teen die einde van graad 4. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

Questions & Answers

prostaglandin and fever
Maha Reply
Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask