<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Leerders afdeling

Inhoud

  • ‘n Gediggie om na te luister, te lees en te leer.

Ons huisie

Ons woon baie lekker saam,

Hier in ons klein huisie.

Pappa werk die hele dag,

En soms ook deur die nag.

Mamma gaan ook vroeg hier uit,

Om geld te kry vir al ons kos.

Dan bly ons by my Ouma Rosie -

Sy sorg vir ons en ook klein Kosie.

Dis baie lekker by ons huisie -

Ons stap en speel en lag heel dag.

En saans as

Dit so donker word

Sien ons duisend sterre in die nag.

G.J.M.

  • Voltooi die prent en versier jou bladsy.
LU 1.3 LU 3.1.2 LU 3.2.1
  • My familie lyk so:
LU 2.1 LU 2.3
  • My storie oor my familie

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

LU 4.2 LU 4.4 LU 4.8
  • Leer eers die nuwe woorde.
netjiese groentetuintjie versorg
wortels mielies soldate
werksplek gereed kleintjies
koffie
  • Waar pas hulle in?

1. Ouma het ‘n …………………………………………………… groentetuintjie.

2. Sy …………………………………………………………………… die tuin.

3. Daar is …………………………..… en …………………….…….. in die tuin.

4. Die groente is in rye geplant, soos …………………………... staan hulle daar.

5. Mamma gaan vroeg na haar ……………………………………………………

6. Ouma kry die ontbyt ………………………… vir die ………………………..

7. Die kinders drink hulle …………………………………………………………

LU 3.2.1 LU 3.2.2
  • Teken Ouma se groentetuintjie.
LU 4.8

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder oor persoonlike ervarings en algemene nuusgebeure gesels;

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik en herhaling te vermy;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder visuele leidrade gebruik om betekenis te skep:

3.1.2 ten opsigte van beelde, die gedrukte media en advertensies;

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees, en:

3.2.2 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin.

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien.

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask