<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Planne

1.

2.

3.

4.

5.

6.

LU 2.1 LU 2.5.3 LU 2.5.4 LU 4.2.1
LU 4.1

Liewe _________________

(Skryf jou naam hier)

Wat 'n geskarrel! Vrydag is mos die dag net voor die naweek. Dan moet ons hard werk om genoeg kos bymekaar te maak vir die naweek. Dit was vir jou 'n geraas en 'n gestoei! Gelukkig het jy 'n groot stuk kaas en 'n halwe appel in jou lessenaar gelos. Ek het dit gebêre en sal dit later geniet. Dit was waarlik 'n geluk.

Jy vra my wat ek eet. Jy het reggeraai. My geliefkoosde versnapering is kaas. Ek hou ook van volkoringbrood, vrugte en groente, vernaamlik wortels. My ma sê altyd 'n muis moet gesond eet. Ja, hier is nogal heelwat kos in die skool, maar dit is altyd so 'n geskarrel dat ek altyd baie bly is as ek genoeg uit jou lessenaar kry. Maar nou moet ek jou groot asseblief vra, moet net nie weer kougom daar los nie. Ek het my lelik misgis die eerste dag. Ek het gedink dit is spesiale wit kaas. Toe sit dit aan my tande en my pote vas. Ek kon die goed nie afkry nie. Ek het later op my rug gelê. Hoe harder ek probeer het om daarvan ontslae te raak, hoe meer verstrengel het ek geraak.

O, ja, ek wou nog dit sê: dankie, die klas was baie stiller. Ek weet en kan hoor julle probeer om nie soveel te raas nie. Juffrou is ook seker bly!

Muisgroete

Van Muggie

LU 3.3.1
  • Jy gaan nou weer vir Muggie skryf.
  • Beplan mooi wat jy vir hom wil sê oor:-

1. die kougom in jou lessenaar;

2. versnaperinge vir Muggie;

3. die briewe wat Muggie vir jou skryf;

4. wat Juffrou Smit dink van die stiller klas;

5. en vertel hom van jou interessante planne vir die naweek.

  • Begin so …..

dag

tyd

Liewe Muggie

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.2.1
  • Lees:

1. Ek slaap.

2. Gister het ek geslaap.

Die tweede sin is in die verlede tyd geskryf, daarom het, “het” en “ge-“ bygekom. (ge- klink soos gi-).

  • Hier is nog “ge-“ woorde om te leer.
LU 6.2.5
gesiggebruikgeluk geheimgeselsgenoeg geweergeniet
  • Maak sinne met die woorde.
LU 4.6.5 LU 6.2.5
LU 4.1

-dank;

-soek;

-kruip;

-skerm.

-taal;

-stuur;

-wys;

-boet.

  • Skryf hulle oor.

bedank,

. . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . . . . . . .

  • Waar pas hulle in?

1. Die kat ................................................................................................. die muis.

2. Die mense .................................................................................... duur vir vleis.

3. Die konstabel het die man ...................................................................................

4. Die vrou ............................................................................. die seun vir sy hulp.

5. Die room sal jou vel ............................................................................................

6. Hy ...................................................................................... nog nie so goed nie.

LU 6.2.5

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder oor persoonlike ervarings en algemene nuusgebeure gesels en gevoelens en menings daaroor uitdruk;

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

2.5.3 idees voorstel en daarop uitbrei;

2.5.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep;

3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankekennis vaslê:

3.4.1 herken dat dieselfde klank op verskillende maniere gespel kan word;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;

4.2.1 verskeie pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en self woorde spel:

4.6.5 kennis van klanke en spelreëls gebruik om onbekende woorde te skryf;

Leeruitkomste 6 : TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk:

6.2.5 voor- en agtervoegsels gebruik om woorde te bou.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask