Natuurwetenskappe
Graad 8
Omgewing en interaksies
Module 35
Ekologiese verwantskappe
Ons studie van die rolle van organismes in ekosisteme het gewys dat hulle nie in isolasie staan van mekaar nie. Daar is onderlinge verhoudings tussen almal. Almal is tot ’n meerdere of mindere mate van mekaar afhanklik.
Ekologiese verwantskappe kan om verskillende redes ontstaan.
Aktiwiteit 1:
Om die redes vir verwantskappe tussen organismes in die natuur te identifiseer
[lu 2.4]
Kyk of jy ’n paar redes vir die ontstaan van verwantskappe tussen organismes in die natuur kan neerskryf:
- Bespreek julle redes met mekaar en besluit op die belangrikste een:
Assessering van vermoë om redes vir verwantskappe te identifiseer
Kon jy nadele lys?
[LU 2.4]
Aktiwiteit 2:
Om voedselverwantskappe te verduidelik, te identifiseer en aan die hand van voorbeelde te illustreer
[lu 2.1; 2.2; 2.3; 2.4]
Groen plante fotosintetiseer en produseer kos in die vorm van stysel.
Diere is nie in staat tot eie voedselproduksie nie en moet dus gebruik maak van plante of ander diere wat plante geëet het.
Daar is egter verskillende soorte verbruikers. In ’n vorige module oor biodiversiteit is reeds genoem dat planteters, vleiseters, asook diere wat beide plante en diere eet, saam die verbruikers uitmaak.
Ontbinders vorm ook ’n baie belangrike deel van die ketting.
Al bogenoemde maak deel uit van ’n tipiese VOEDSELKETTING .
’n Voedselketting ontstaan deurdat organismes op mekaar voed en voedingstowwe asook energie vanaf die son, van een organisme na die volgende vloei.
Toets jou kennis oor voedselverwantskappe:
1. Gee die wetenskaplike woord vir:
1.1 planteters:
1.2 vleiseters:
1.3 gekombineerde plant- en vleisvreters:
2. Gee die definisie van:
2.1 ’n verbruiker:
2.2 ’n produseerder:
2.3 ’n voedselketting:
3. Beskryf kortliks die belangrikheid van die volgende:
3.1 aasvreter:
3.2 ontbinders:
4. Noem ten minste TWEE belangrike ontbinders:
Assessering van VOEDSELKETTINGVRAE
Kon jy vrae korrek beantwoord?
[LU 2.1]
Stel ’n voedselketting saam:
- Gebruik enige sketse en stel ’n eenvoudige voedselketting saam deur die sketse in die in die regte volgorde te plak.
- In die natuur kry ’n mens egter nie voedselkettings geïsoleerd nie, m.a.w. hulle kom deurmekaar gevleg voor. So ’n netwerk van voedselkettings noem ons ’n VOEDSELWEB .
- Voedselkettings word dikwels as VOEDSELPIRAMIDES voorgestel. ’n Voeselpiramide gee ’n aanduiding van die getalle biomassa of energie op elke vlak in die voedselketting.[LU 2.2]
Stel ’n voedselpiramide saam
- Vul die volgende in die korrekte volgorde op die onderstaande voedselpiramide-raam in:
1. KARNIVORE, GROEN PLANTE, AASVRETERS, HERBIVORE
2. Regs van die piramide kan jy ’n spesifieke voorbeeld van elkeen van die bostaande kategorieë skryf.
3. Kleur die piramide se dele in soos jy wil.
4. Die pyl stel die vloei van biomassa of energie voor. Wat beteken die helling van die piramide (dan dit maar steiler of vlakker wees)?
Assessering van begrip oor VOEDSELKETTING EN VOEDSELPIRAMIDE
Kon jy beide voorstellings voorstel?
[LU 2.3]
Lees die volgende en gebruik die inligting om soveel voedselkettings as wat jy kan , saam te stel.
Dit is ’n warm Kalahari-dag. ’n Briesie waai dooie materiaal in die vorm van fyn takkies en organiese stof oor die kruin van die sandduin . Insekte soos kewers en miere skarrel om die fyn stukkies op te raap. ’n Mierleeu skuil in ’n klein tregtertjie en wag sy prooi in. Saans as dit afkoel, kom klein veldmuise en ander soogdiere te voorskyn.
Hulle peusel aan die laaste greintjie grassade en spriethalms waarop mis vroegoggend weer as waterdruppels kondenseer. Teen die kruin van die duin hardloop ’n swart toktokkie en staan stert orent om ook ’n bietjie van die aardvog te laat kondenseer wat dan teen sy dors doplyfie afloop tot binne-in sy gulsige mond.
Op die hitte van die dag trap die geitjie 2 × 2 om die sand se skroei te vermy totdat ’n sprinkaan teen die graspol sy aandag trek. Skerpioene skarrel ook stertorent rond op soek na spinnekoppe en kewerlarwes. Spinnekoppe lê miere en termiete voor en die horingslang sit ritselend die veldmuis agterna. Dit alles in die stilte van die snikhete dag en die nag se jakkalstjank.
Assessering van LEESSTUK interpretasie:
Kon jy basiese VOEDSELKETTINGS uit die LEESSTUK identifiseer?
[LU 2.4]
Assessering
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Memorandum
Aktiwiteit 1: Redes vir ekologiese verwantskappe
Redes: voedsel bv. voëls wat blomme bestuif, diere wat as prooi vir ander dien, herbivore wat gras vreet, beskerming bv. blouwildebeeste, sebras en rooibokke wat saam wei (beskerming teen predatore), huisvesting bv. voëls wat nesmaak in ’n boom, ontbinding bv. fungi en bakterieë wat van dooie plante en diere afhanklik is vir voeding, maar op hulle beurt vir die ander plante en diere nuttig is omdat hulle die grond vrugbaar hou.
Die belangrikste rede: ’n klasbesluit
Aktiwiteit 2: om voedselverwantskappe te kan verduidelik, identifiseer en illustreer
Toets jou kennis:
1. 1.1 – herbivore 1.2 – karnivore 1.3 – omnivore
2.
2.1 verbruiker: kan nie eie voedsel vervaardig, moet plante eet of iets wat plante geëet het.
2.2 produseerder: maak voedsel deur son, koolstofdioksied en water te gebruik bv groen plante
2.3 Energie vanaf son deur ’n reeks organisms gewoonlik eerste herbivoor en dan reeks verbruikers tot by ontbinders. Energie gaan by elke skakel verlore
3.
3.1 aasvreters verwyder sigbare diereafval terwyl ontbinders sorg vir fyn afbreek na minerale vlak sodat dit kan terugkeer na grond
3.2 ontbinders: breek organiese material (plant- en dierreste) af na basiese nutriënte (voedingstowwe/boustowwe) wat in grond beskikbaar gehou word vir plante
4. fungi, bakterieë (of voorbeelde van fungi en bakterieë)
Voedselketting
- Aanvaar leerder se antwoord mits die volgorde korrek is: produsent, 1ste verbruiker, 2de en 3de verbruiker, ontbinder
Voedselpiramide
- Groen plante, herbivore, karnivore, aasvreters
- Helling: hoe steiler, hoe kleiner die energie- of biomassaverlies van vlak tot vlak
Voedselkettings na aanleiding van leesstuk
- Bv. takkies/organiese materiaal-miere-mierleeu-geitjie-slang
- gras-sprinkaan-geitjie-slang
- takkies/organiese material-veldmuis-slang