Natuurwetenskappe
Graad 8
Omgewing en interaksies
Module 36
Spesiale voedselverwantskappe
Aktiwiteit 1:
Om spesiale voedselverwantskappe te kan identifiseer en aan die hand van voorbeelde te kan beskryf
[lu 2.4]
Behalwe die tipiese roof- en prooi-verwantskappe, is daar sekere verhoudings wat baie interessant en spesiaal is, veral omdat hulle ook aan oorlewingstrategieë gekoppel is.
SIMBIOSE is die saamleef van twee verskillende organismes.
Hierdie saamleefverhouding kan egter verskil ten opsigte van die hoeveelheid voordeel of nadeel wat elke party kry.
Kommensalisme
Mutualisme
- Beide organismes word bevoordeel.
Parasitisme
- Een organisme word definitief bevoordeel ten koste van die ander een.
Maak ‘n lys van die verwantskappe en plak ’n gepaste prent of ’n tekening onder die hofie. Beskryf daarnaas die kenmerke van die verhouding.
Assessering van KNIP EN PLAK van SIMBIOSE-SKETSE.
Kon jy SIMBIOSE-TIPES korrek identifiseer en beskryf?
[LU 2.4]
Aktiwiteit 2:
Om oor parasitisme navorsing te doen en die resultate grafies op ’n plakkaat voor te stel
[lu 1.1; 1.2; lu 1.3]
Werk in groepe van vier en versamel voorbeelde van die verskillende soorte parasiete wat mens en dier as gasheer gebruik.
- Verduidelik die volgende:
1. die parasiet en gasheer, en die aard van hul verhouding;
2. simptome wat by die gasheer waargeneem kan word;
3. die bestryding van die parasiete.
- Verdeel die take in die groep sodat elkeen verantwoordelik is vir ’n deel.
- Onthou plante het ook parasiete – vind uit hieroor en gebruik minstens een plant as voorbeeld. Dra die plakkaat aan die klas voor.
Assessering van GROEPWERK, NAVORSING EN KOMMUNIKASIE oor PARASIETE
Kon jy bydra tot die groep se navorsing en dit aan die klas kommunikeer?
[LU 1.1; 1.2; 1.3]
Assessering
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
Memorandum
Aktiwiteit 1: spesiale voedselverwantskappe
Mutualisme : voël en blom: voël kry kos (bevoordeel), blom word bestuif (bevoordeel)
Parasitisme : bosluis op perd: bosluis kry kos (bevoordeel), perd verloor bloed (benadeel)
Kommensalisme : bees en voël: bees jaag insekte op en dra bosluise wat op gras beland, kos vir voël terwyl bees nie geraak word nie Haai en vissies: vissies vreet reste van wat haai vreet, haai word nie geraak nieLigene op boom: boom bied groeiplek, word self nie geraak nie
Aktiwiteit 2: navorsing oor parasitisme
Assesseer die leerder se poging in terme van die drie assesseringstandaarde 1.1 (beplanning), 1.2 (dataversameling), en 1.3 (interpretasie en kommunikasie).