ASSESSERING
- Lys die stowwe waaruit die volgende voorwerpe hoofsaaklik bestaan en dui aan of dit magneties (M) of nie-magneties (NM) is:
Voorwerp | Stof waaruit dit bestaan | Magneties / nie-magneties |
R2-stuk | ||
Skuifspeld | ||
Vuurhoutjie | ||
Brood | ||
Motor | ||
Skeermeslemmetjie | ||
Potlood | ||
R50-noot | ||
Kosblik | ||
Skoolhemp | ||
Trui | ||
Mieliepap | ||
Mes | ||
Skoen | ||
Sakdoek |
SELFASSESSERING | |||||
1 | 2 | 3 | 4 | ||
Alles korrek | |||||
Slegs twee verkeerd | |||||
Vyf verkeerd | |||||
Minder as vyf korrek | |||||
3. MATERIALE KAN ROES
Wanneer yster of staal stelselmatig afgetakel word, word dit roes genoem. Roes is ‘n vorm van korrosie.
In die drie of vier sekondes wat dit jou neem om ‘n sin te
lees, verloor Brittanje 40 kg yster of staal.
Die rede:
Dit het verander in roes. Veertig kilogram
yster is genoeg om vier fietse van te maak.
Dit is m.a.w. ‘n chemiese reaksie. Wanneer ‘n metaal roes, verander dit na ‘n nuwe stof. Dit is moeilik om dit weer terug te verander na wat dit was. Die metaal verloor sy glans en kan selfs breek.
Metale (yster en staal) roes makliker wanneer dit nat is of wanneer dit buitekant in nat weer gelaat word. Wanneer metale naby soutwater gelaat word, roes dit selfs nog makliker.
Wanneer yster roes, reageer dit met suurstof en vorm ‘n bruin ysteroksied:
yster + suurstof = bruin ysteroksied
ysteroksied + water = roes
Yster sal net roes as dit aan
suurstof en water
blootgestel word.
Alhoewel yster en staal makliker roes as ander metale, word staal gebruik om skepe, motors, brûe en ander strukture te bou, want dit is goedkoper en sterker as ander boumateriale.
Roes kos maatskappye miljoene rande, want yster- en staalvoorwerpe moet beskerm word teen roes en dit wat reeds geroes het, moet vervang word.
OPDRAG 3
- Doen die volgende eksperiment om vas te stel wanneer roes plaasvind. Stel 7 proefbuise op (soos aangedui):
- Bekyk die proefbuise na 4 dae en skryf jou waarnemings in die tabel hieronder neer:
WAARNEMINGS | |
Proefbuis 1 | ___________________________________________ |
Proefbuis 2 | ___________________________________________ |
Proefbuis 3 | ___________________________________________ |
Proefbuis 4 | ___________________________________________ |
Proefbuis 5 | ___________________________________________ |
Proefbuis 6 | ___________________________________________ |
Proefbuis 7 | ___________________________________________ |
Gevolgtrekking: _______________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
ASSESSERING
Gebruik nou die kennis wat jy opgedoen het en maak die volgende afleidings:
1. Hoekom is daar ‘n lagie olie bo-op die water in proefbuis 2?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Die spykers in proefbuise 1 en 3 roes wel. Hoekom?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Hoekom het proefbuis 5 ‘n rubberprop op?
_____________________________________________________________________