Stralende warmte van die son bereik ons nadat dit deur die luglaag om die aarde gegaan het. Alle voorwerpe op die aarde waarop die sonstrale skyn, word verhit. As ons egter hoër in die atmosfeer gaan, word dit kouer.
Opdrag 8: Om straling te demonstreer
Benodigdhede:
‘n elektriese verwarmer
‘n stuk ruitglas
- Skakel ‘n elektriese verwarmer aan.
- Hou jou hand so 30 cm voor die verwarmer totdat jy die hitte voel.
- Plaas ‘n stuk ruitglas tussen jou hand en die verwarmer.
Wat neem jy waar?
1. Wat gebeur nadat jy die stuk ruitglas voor die verwarmer geplaas het?
_____________________________________________________________________

Opdrag 9: Om straling met ‘n gloeilamp te demonstreer
Benodigdhede: elektriese gloeilamp
‘n stuk ruitglas
- Hou jou hand 5 cm van die gloeilamp af. Skakel aan.
- Plaas die ruitglas tussen jou hand en die gloeilamp wanneer jy die hitte voel.
Wat neem jy waar?
1. Voel jou hand dadelik die warmte?
_____________________________________________________________________
2. Hoe bereik die warmte jou hand?
_____________________________________________________________________
3. Keer die glas van die gloeilamp straling?
_____________________________________________________________________
Wat is jou gevolgtrekking?

5. MATERIALE KAN ELEKTRISITEIT OORDRA
Eksperimente het bewys dat die enigste vaste stowwe wat elektriese oordrag gelei, metale en grafiet is. Wanneer dit elektrisiteit gelei, vloei elektrone deur die materiaal, maar daar is geen chemiese reaksie nie, daar word geen nuwe stof gevorm nie en hul gewig bly dieselfde.
Suiwer water gelei elektrisiteit. Die geleidingsvermoë verhoog wanneer ‘n suur bygevoeg word.
Elektrisiteit is ‘ n vorm van energie (soos hitte). Dit kan gebruik word om bv. water te kook en dit kan selfs chemiese reaksies laat plaasvind.
Die energie in ‘n elektriese stroom veroorsaak dat watermolekules opbreek.
Hierdie opbreek van ‘n stof soos water deur elektrisiteit word elektrolise genoem.
- Oop elektriese drade is gevaarlik, veral as daar water naby is. Moet nooit met nat hande aan elektriese apparaat vat nie.
Verduidelik:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou;
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.