Natuurwetenskappe
Materie en stowwe
Eienskappe en gebruike van materie
Opvoeders afdeling
Memorandum
Voltooi die volgende tabel:
EIENSKAPPE | VASTE STOF | VLOEISTOF | GAS |
VOLUME | Dit het nie ‘n vaste volume nie – die volume verander maklik. Dit ver-sprei en neem die spasie in wat beskikbaar is. | ||
VORM | Dit neem die vorm van die houer aan. | ||
GEWIG | Dit het gewig. |
Voorbeelde van faseverandering:
- Vaste stof na vloeistof: ys na water
- Vloeistof na vaste stof: water na ys
- Vloeistof na gas: water wat kook, waterdamp
- Gas na vloeistof: waterdamp / vog wat kondenseer teen glas, bv. motor- of kombuisvensters
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om materiale te klassifiseer [lu 2.2, lu 2.3]
- Wanneer stowwe in groepe met dieselfde eienskappe verdeel word, noem ons dit klassifikasie .
- Wetenskaplikes klassifiseer verskillende materiale op verskillende maniere. Die bekendste manier is om dit volgens vaste stowwe, vloeistowwe en gasse te klassifiseer.
Voltooi die volgende tabel:
|
|
| |
EIENSKAPPE | VASTE STOF | VLOEISTOF | GAS |
VOLUME | Dit het ‘n vaste volume. | Dit het ‘n vaste volume. | |
VORM | Dit het ‘n vaste vorm. | Dit neem die vorm van die houer aan. | |
GEWIG | Dit het gewig. | Dit het gewig. |
‘n Stof kan van een fase na ‘n ander verander deur verhitting of afkoeling :
Gee ‘n voorbeeld van die volgende soorte fase-veranderings:
- Vaste stof na vloeistof:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
- Vloeistof na vaste stof:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
- Vloeistof na gas:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
- Gas na vloeistof:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kategoriseer: kategoriseer voorwerpe en organismes in terme van twee veranderlikes.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.