This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

Om materiale te kan identifiseer

Natuurwetenskappe

Materie en stowwe

Eienskappe en gebruike van materie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 1 (Groepwerk):

TIPEMATERIAAL GEBRUIKE
Metale Word gebruik om messe, vurke, potte, panne en ornamente van te maak. (Daar kan nog baie ander voorbeelde wees.)
Vesels Gordyne, matte, klere word van vesels gemaak.(Daar kan nog baie ander voorbeelde wees.)
Plastiek Plastiekbakke, kamme, borsels, ens.(Daar kan nog baie ander voorbeelde wees.)
Glas Vensters, drinkglase, wynglase, asbakkies, ens.(Daar kan nog baie ander voorbeelde wees.)
Hout Meubels, tafels, ornamente, ens.(Daar kan nog baie ander voorbeelde wees.)

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om materiale te kan identifiseer [lu 1.1, lu 2.2]

Jy weet reeds dat alles op die aarde (plante, diere en nie-lewende dinge) uit materie bestaan – van ‘n klein stofkorreltjie tot ‘n groot planeet.

‘n Ruit in ‘n venster lyk anders as die glas waaruit ons water drink, maar albei word van dieselfde stof, nl. glas , gemaak. Party stowwe mag eenders lyk en dieselfde kleur hê, maar hulle verskil t.o.v. reuk, smaak, hardheid, tekstuur en elastisiteit. Dit word die eienskappe van stowwe genoem en word gebruik om dit te beskryf.

OPDRAG 1 (GROEPWERK)

  • Werk in groepe. Soek ‘n prent met ‘n verskeidenheid materiale in ‘n tydskrif. Dui dan aan watter verskillende materiale in hierdie prent voorkom EN waarvoor dit gebruik word.
  • (‘n Prent van ‘n gemeubileerde vertrek is ‘n goeie wegspringplek!)
Tipe Materiaal Gebruik
Metale
Vesels ______________________________________________
Plastiek ____________________________________________________________________________________________
Glas ____________________________________________________________________________________________
Hout ____________________________________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: bespreek die vrae wat nodig is vir ondersoek en beskryf die tipe inligting wat benodig word om die vrae te beantwoord;

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kategoriseer: kategoriseer voorwerpe en organismes in terme van twee veranderlikes.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.