Wiskunde
Meting en tyd
Oppervlakte
Opvoeders afdeling
Memorandum
2. A: 4 cm × 3 cm = 12 cm²
B: 6 cm × 2 cm = 12 cm²
4. ± 17 m²
Leerders afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om oppervlakte te bereken deur te ondersoek en te skat [lu 4.8.2]
2. Meet en bereken die oppervlakke van fig. A en fig. B:
A: __________________________________
B: __________________________________
Ø Wat sien jy? Kan jy dit verklaar?
3. Dieselfde gebeur in die volgende geval. Trek die figure netjies oor en knip hulle uit. Bou dit soos in die figure aangedui en bereken dan die oppervlakte.
4. KOPKRAPPER!
Die Marais’s het ’n nuwe swembad gebou. Nou moet daar ’n veiligheidsnet oorgesit word. Wat is die totale oppervlakte van water wat bedek moet word? (Elke blokkie is 1 m 2 .)
TYD VIR SELFASSESSERING
Dit is belangrik dat jy die voorafgaande werk sal verstaan en die nodige berekeninge moet kan doen. Kyk goed na die kriteria en beoordeel jouself deur ‘n regmerkie in die toepaslike kolom te maak.
KRITERIA | Glad nie | Redelik | Goed | Uitstekend |
Ek ken die eenheid vir oppervlakte. (LU 4.8) | _______ | _______ | _______ | _______ |
Ek kan ‘n formule vir die berekening van die oppervlakte van ‘n vierkant neerskryf. (LU 4.8) | _______ | _______ | _______ | _______ |
Ek kan die formule vir die berekening van die oppervlakte van ‘n reghoek neerskryf. (LU 4.8) | _______ | _______ | _______ | _______ |
Ek kan die oppervlakte van ‘n onreëlmatige figuur bepaal. (LU 4.8) | _______ | _______ | _______ | _______ |
Assessering
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder by benadering ondersoek en bepaal (alleen en/of as ‘n lid van ‘n groep of span):
4.8.2: oppervlakte van veelhoeke (m.b.v. vierkantroosters) ten einde reëls vir die berekening van oppervlakte van vierkante en reghoeke te ontwikkel.