Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Reaksies tussen soorte materie: sure en basisse
Opvoeder afdeling
Memorandum
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om bekende sure en basisse en hulle funksies te kan opnoem [lu 2.1]
(A) Sure en sommige van hulle funksies
- Soutsuur
word gebruik om stene en sement mee skoon te maak;
verlaag swembadwater se pH.
- Salpetersuur
word gebruik in kunsmis, kleurstowwe en plofstowwe;
is teenwoordig in plastiek.
- Swawelsuur
is waarskynlik die belangrikste suur in die land;
is ‘n effektiewe droogmiddel;
word gebruik in die voorbereiding van kunsmis, kleurstowwe, papier en gom.
- Fosforsuur
word gebruik om koeldranke te geur;
word deur tandartse in tandsement gebruik.
- Boorsuur
word in baie ontsmettingsmiddels gebruik;
is ‘n effektiewe kiemdoder.
- Sitroensuur
is die suur in lemoene.
- Oksaalsuur
is die suur in tamaties.
- Wynsteensuur
word in bakpoeier gebruik.
- Asetielsalisielsuur
is die suur in bekende aspirientablette
- Askorbiensuur
is Vitamien C.
- Melksuur
is die suur wat vorm as melk suur word;
Melksuur word ook in spiere gevorm, veral nadat strawwe oefening gedoen is (seer spiere).
(B) Basisse en sommige van hulle funksies
- Natriumhidroksied (Ook bekend as bytsoda)
word gebruik by die maak van seep;
word gebruik as reiniger van afvoerpype.
- Kalsiumhidroksied (Kalkwater)
teenwoordig in sagter sepe;
word aangewend in die landbou- en boubedryf.
- Magnesiumhidroksied
is onder andere ‘n purgeermiddel (‘n purgeermiddel word gebruik om die maag te laat werk).
- Ammoniak
is ‘n algemene, huishoudelike reiniger;
word gebruik as vlugsout omdat dit so ‘n skerp reuk het;
is ook ‘n ideale middel om vlekke mee te verwyder.
Toets:
kyk of jy minstens 8 sure en hul funksies en 3 alkalië en hul funksies op ‘n stuk papier kan neerskryf.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kan kategoriseer: vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.