Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Reaksies tussen soorte materie: sure en basisse
Opvoeder afdeling
Memorandum
Opdrag 9:
(a) Sooibrand of maagsere word veroorsaak deur sure. ‘n Suur kan deur ‘n basis geneutraliseer word. Ek sal dus ‘n basis drink om die sure te neutraliseer. Die beste huishoudelike middel is melk of koeksoda, want dit is basisse en kan die sooibrand neutraliseer. Vermy ook die gebruik van spiriene (suur).
(b) ‘n Bysteek is ook suur en moet dus weer deur ‘n basis geneutraliseer word. Ek sal ‘n koeksoda-oplossing op die bytplek smeer om weer eens die suur te neutraliseer.
(c) Siende dat die steek alkalies is, kan dit geneutraliseer word deur ‘n suur, bv. asyn/brandewyn, daarop te smeer.
(d) Eet kosse wat minder sure bevat en meer alkalies of neutraal is. Vermy sekere vrugtesoorte soos lemoene, tamaties en vrugtesappe. Gebruik ‘n tandepasta wat meer alkalies van aard is.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die uitwerking van sure en basisse op verskynsels in ons alledaagse lewe te kan bespreek [lu 2.3]
Dit was ‘n dokter wat ontdek het dat daar soutsuur in jou maag is wat help om die kos wat jy eet te verteer. Hy het ‘n klein sponsie aan ‘n tou vasgebind en toe ingesluk tot in sy maag. Na ‘n rukkie het hy die sponsie weer uitgetrek en gevind dat dit suur is. Soms het ons ook oortollige maagsure en kry dan sooibrand. (a)
Die kosse wat ons eet, bevat baie sure wat tandbederf veroorsaak. (d)
OPDRAG 9
Bestudeer die gegewens in (a) – (d) en stel die huishoudelike middels voor wat die ongerief / gevolge sal verlig / keer en verduidelik waarom jy juis op hierdie middels besluit het.
(a)__________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(2)
(b) __________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(2)
(c) _________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(2)
(d) __________________________________________________________________
____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
____________________________________________________________________
(3)
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente, diagramme, ens.).