Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Reaksies tussen soorte materie: sure en basisse
Opvoeder afdeling
Memorandum
Stap 1: Dit het blou geword, want koeksoda is ‘n basis
Stap 2: Nee
Stap 3: Dit het ligter geword
Stap 4: Dit word baie ligter en lemmetjiegroen
WAARNEMING:
- Neutrale
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om vas te stel wat gebeur as ‘n suur en alkali gemeng word [lu 1.2, lu 1.3]
Ons het reeds ontdek dat ‘n neutrale oplossing nie ‘n suur of ‘n basis is nie.
Wat sal gebeur wanneer ons ‘n suur en ‘n basis meng? Kom ons vind uit!
- Gebruik ‘n BTB-oplossing as indikator
- Ander benodigdhede:
100 ml witasyn
150 ml koeksoda-oplossing
STAP 1: Voeg ‘n paar druppels van die koeksoda-oplossing by die BTB-indikator.
Wat neem jy waar?
_____________________________________________________________________

STAP 2: Voeg die helfte van die asyn by die koeksoda-oplossing
Is die oplossing nou neutraal?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
STAP 3: Om dit vas te stel, voeg druppels van die mengsel by die BTB-indikator.
Wat neem jy waar?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
STAP 4: Indien geen verandering plaasvind nie, voeg die helfte van die oorblywende asyn by die koeksoda-oplossing en herhaal stap 3.
STAP 5: Toets weer die oplossing en herhaal stap 3 en 4 totdat ‘n verandering waargeneem word.
Wat neem jy waar?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
WAARNEMING:
- Saam het die asyn en koeksoda ‘n ________________________ oplossing gemaak. Dit is nie ‘n suur of ‘n basis nie.
Die proses waartydens sure deur basisse vernietig word of waartydens basisse deur sure vernietig word, word NEUTRALISERING genoem.
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik apparaat/toerusting of bronne om inligting in te win en te noteer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen in terme van relevante aspekte en beskryf hoe die data die veralgemening onderskryf.