Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Reaksies tussen soorte materie: sure en basisse
Opvoeder afdeling
Memorandum
TOETS JOU KENNIS
1. Bitter; glibberig/glad
2. Geel
3. Indikator
4. Basis
5. Kalk; neutraliseer
6. Salpeter; fosfor
7. Universele aanwyser
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: toets jou kennis [lu 2.1]
Jy mag die inhoud van die module gebruik om jou te help om die volgende sluitingsoefeninge te doen. Dit sal dan ook dien as ‘n opsomming van die belangrike feite wat jy kan gebruik wanneer jy voorberei vir die moduletoets.
1. Basisse proe __________________________ en voel ___________________
2. Om die suurheid of alkaliniteit van stowwe vas te stel, kan ons dit by ‘n BTB-
oplossing voeg. Wanneer die kleur verander na ___________________________
weet ons dat die bygevoegde stof ‘n suur is.
3. ‘n _________________________ bv. swart tee, kan ook gebruik word om vas te stel of ‘n stof ‘n suur of ‘n basis is.
4. Wanneer jy ‘n bietjie bytsoda in water oplos en ‘n paar druppels daarvan op rooi lakmoespapier plaas, sal die papier blou word. Dit sê vir ons dat bytsoda ‘n _________________________________________________________ is.
5. Die meeste gewasse, veral groente, het neutrale grond nodig om goed te kan
groei. As daar te veel suur in die grond is, voeg die boere ______________________ by om die suur in die grond te ____________________________________________.
6._______________________________________ -suur is teenwoordig in plastiek en
_______________________________________ -suur word gebruik om koeldranke te geur.
7. ‘n ________________________ word gebruik om die suurheid of alkaliniteit van ‘n stof te bepaal.
Assessering
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite.