Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Reaksies tussen soorte materie: sure en basisse
Opvoeder afdeling
Memorandum
Dit is baie belangrik dat u vooraf seker maak dat die stowwe wat die groepe bymekaar gemaak het, veilig is om aan te proe.
Swart tee as indikator.
SURE NEUTRAAL BASISSE
Sout en Asyn Vanieljegeursel (soet) Kakaopoeier
Speserye Kitssop (sout) Groen peper
Borrie Appelasyn Koeksoda
Suurlemoensap Sjokolade
Leerder afdeling
Inhoud
WAARSKUWING
- Ons almal het sintuie om die verskillende aspekte van ons omgewing waar te neem. Jou tong is die sinsorgaan wat jou in staat stel om deur proe die smaak van stowwe waar te neem. Moet egter nooit aan stowwe proe nie, tensy jy baie seker is dat dit veilig is! Dikwels bewaar mense stowwe in houers sonder om die nodige etikette daarop aan te bring. Gevaarlike stowwe kom gereeld in en om ons huis voor, bv. batterysuur, ammoniak en swembadsuur. Onthou dus: moenie aan iets proe nie, tensy jy dit as ‘n veilige stof geïdentifiseer het.
Aktiwiteit: om sure en basisse in en om die huis te kan identifiseer [lu 1.2, lu 2.2]
Die meeste sure het ‘n suur smaak, terwyl die meeste basisse bitter smaak. Hierdie smake word deur die agterste gedeelte van die tong waargeneem. Ons proe ook dikwels met die voorste gedeelte van die tong stowwe wat soet of sout smaak. Hierdie stowwe is nie sure of basisse nie, maar is neutraal.
Loer so ‘n bietjie in Ma se kombuiskaste en bring van die volgende items saam skool toe:
- Maak seker by jou ma dat jy nie gevaarlike stowwe soos ammoniak of bleikmiddel saambring nie.
- Verdeel in groepe en maak ‘n lys van die stowwe wat julle in die groep het.
- Vra jou onderwyser om julle te help om seker te maak dat al die stowwe veilig is om aan te proe.
Voltooi die volgende tabel deur aan al die stowwe te proe en jou waarnemings neer te skryf.
SUREHierdie stowwe proe suur | NEUTRAALHierdie stowwe proe nie suur of bitter nie | BASISSEHierdie stowwe proe bitter |
______________________________________________________________________________________________________________ | ______________________________________________________________________________________________________________ | ______________________________________________________________________________________________________________ |

(15)
Vergelyk nou jou persoonlike ondervinding met dié van die ander lede in jou groep. Klassifiseer die stowwe in jul groep volgens smaak. Vergelyk dit met die ander groepe.
- Het almal saamgestem oor die smake van al die stowwe? __________________
- Indien nie, oor watter stowwe was daar verskil?
_____________________________________________________________________

Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik apparaat/toerusting of bronne om inligting in te win en te noteer.
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kan kategoriseer: vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.