Natuurwetenskappe
Materie, meting en reaksies
Reaksies tussen soorte materie: sure en basisse
Opvoeder afdeling
Memorandum
A. Asyn: Dit raak ligter van kleur
Lemmetjiesap: Dit raak melkerig en ligter
Koeksoda: Dit raak donker en skuimerig
Magnesiamelk: Dit raak ligter en melkerig
Suur en tee: Ligter
Alkalie en tee: Donkerder
Broomtimolblou (BTB) as indikator
Water: Neutraal
Wynsteensuur: Suur
Sout: Suur
Ammoniak: Basis
Lakmoespapier as indikator
Bakpoeier: basis Bier: suur
Koeksoda: basis Versiersuiker: neutraal
Skeerroom: basis Haarsjampoe: basis
Melk: basis Koffie: suur
Slaaisous: suur Gaskoeldrank: suur
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om sure en basisse met behulp van indikatore te kan identifiseer [lu 1.2, lu 1.3]
Aangesien daar baie stowwe is wat gevaarlik is om aan te proe, gaan ons ander metodes gebruik om vas te stel of stowwe suur of alkalies is.
Ons gaan gebruik maak van:
- swart tee
- broomtimolblou
- lakmoespapier / lakmoesoplossing
Wanneer ‘n motoris wil links draai, gebruik hy die flikkerlig om aan te dui wat hy van plan is om te doen. Die flikkerlig dien as ‘n indikator. Bogenoemde middels gaan vir ons aandui of stowwe sure, alkalies of neutraal is en word chemiese indikators genoem.
Swart tee
Voeg ongeveer 5 cm³ (5 ml) swart tee by elke proefbuis, soos wat in die volgende skets aangedui word.
Voeg dan:
- ‘n bietjie asyn in proefbuis nr. 1
- ‘n bietjie lemmetjiesap in proefbuis nr. 2
- ‘n bietjie koeksoda in proefbuis nr. 3
- en ‘n bietjie magnesiamelk in proefbuis nr. 4 .
Die tee in die vyfde proefbuis sal gebruik word om veranderings in ander proefbuise waar te neem.
- Kyk wat gebeur en voltooi die gegewe tabel om jou waarneming te noteer:
Stof | Beskryf die kleurverandering |
Asyn | _____________________________________________ |
Lemmetjiesap | _____________________________________________ |
Koeksoda | _____________________________________________ |
Magnesiamelk | _____________________________________________ |
Voltooi die volgende gevolgtrekkings:
- Wanneer ‘n suur (asyn/lemmetjiesap) by swart tee gevoeg word, word die oplossing
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
- Indien ‘n mens egter ‘n alkaliese stof (koeksoda/magnesiamelk) by swart tee voeg, word die oplossing
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Broomtimolblou (BTB)
Voeg ongeveer 5 cm³ (5 ml) suiwer water by elke proefbuis soos in die volgende skets aangedui word.
Voeg 5 druppels BTB by die water in elke proefbuis. Die BTB behoort nou ‘n groenerige kleur te hê. Neem die volgende stelling in ag wanneer jy toets of die daaropvolgende stowwe sure of basisse is:
Stof | Suur | Basis | Neutraal |
|
|||
|
|||
|
|||
|
Lakmoespapier
Gebruik blou of rooi lakmoespapier om vas te stel of die volgende stowwe sure of basisse is.
Plaas ‘n druppel van elke oplossing op die lakmoespapier. Indien die stof in poeiervorm is, los dit eers op in water. Onoplosbare stowwe kan met water gemeng word om ‘n pasta te vorm.
Bakpoeier | ______________ | Bier | ______________ |
Koeksoda | ______________ | Versiersuiker | ______________ |
Skeerroom | ______________ | Haar sjampoe | ______________ |
Melk | ______________ | Koffie | ______________ |
Slaaisous | ______________ | Gaskoeldrank | ______________ |
Assessering
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik apparaat/toerusting of bronne om inligting in te win en te noteer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen in terme van relevante aspekte en beskryf hoe die data die veralgemening onderskryf.