Natuurwetenskappe
Lewe en lewenswyse
Opvoeders afdeling
Memorandum
- Die tuinslak
- Seekat en mossel
- Spiervoet
- twee paar voelers en twee oë
- Die slak beweeg met golfbewegings in die spiervoet.
- Die mond is T-vormig, aan die onderkant van die kop.
Opdragte:
1. Die plante na-aan die grondoppervlak sou waarskynlik welig groei. Die diere wat van slakke leef, soos honderdpote, voëls en muise, sou moontlik ander weivelde soek.
2.
Erdwurm | Ronde langwerpige liggaam maak dit moontlik om gate in grond te grawe, plantreste in te dra en saam met grond te eet | Leef in vogtige grond om vel vogtig te hou | Stelsel van buisies waarmee die hoeveelheid water wat opgeneem en afgegee word, beheer word |
Sprinkaan | Kan beweeg om voedsel te soek. Bytende monddele om plantmateriaal fyn te sny | Buisies vertak in liggaam, voorsien 'n vogtige gaswis-selingsoppervlak | Uitwendige skelet verhoed waterverlies, kry vog saam met plantmateriaal in |
Spinnekop | ens. Leerders maak bloot 'n opsomming van inligting in teks. | ||
Krap | |||
Slak |
3. Navorsingsopdrag: assesseer in terme van die raamwerk wat in die module verskaf word.
Leerder afdeling
Inhoud
Aktiwiteit: om die tuinslak te ondersoek en die aanpassing van enkele invertebrate ten opsigte van oorlewing te vergelyk [lu 1.1, lu 1.2, lu 1.3, lu 2.3, lu 2.4]
Die tuinslak
Die slak behoort tot die groep weekdiere of Mollusca . Kan jy nog onthou watter ander diere aan hierdie groep behoort?
Die _____________________________ en ________________________________
Jy sal dit nie moeilik vind om ‘n tuinslak in die hande te kry nie. Kyk na sy uitwendige bou en probeer om die volgende vrae te beantwoord:
Die grootste deel van die liggaam bestaan uit ‘n ______________________________ -voet.
Aan die kop is twee ___________________________________ en twee ____________________________________________________________________
Sit die slak op ‘n glasplaat neer en wanneer hy begin beweeg, kyk van onder af deur die glas en beskryf wat jy sien (hoe hy beweeg).
_____________________________________________________________________

Kan jy sy mond sien? Beskryf. ___________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Lig die slak op en probeer om langs die liggaam in die skulp in te kyk. Kan jy ‘n opening sien? Dit is die asemhalingsopening.