Afrikaans huistaal
Hier volg die nuus
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
- LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
- KLANKE EN WOORDBOU
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
- SKRIF
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
- DIE GEDIG
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Leerders afdeling
Inhoud
- Lees die berig wat oor die televisie gekom het.
Vanoggend is alles in rep en roer by die dieretuin.
'n Baie duur en kosbare papegaai het weggeraak.
Die opsigter by die dieretuin vertel toe hy vanoggend by die papegaai se hok kom, was die hok oop. Daar was geen spoor van die kosbare voël nie.
Die papegaai se lyf is geel, blou en groen. Sy stertvere is lank en om sy oë is fyn rooi veertjies.
As iemand die papegaai gewaar, kan hulle die dieretuin skakel by die volgende nommer: 33555862.
'n Beloning van R200 sal betaal word aan enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die terugvind van die papegaai.
LU 3.3.1 | LU 3.3.2 | LU 3.5.1 |
- Lees die lettergrepe.
van | og | gend | pa | pe | gaai | |
op | sig | ter | veer | tjies | |
vol | gen | de | be | lo | ning | |
- Waar pas hulle in?
1. Die dieretuin se ..................................................................................... het gesê ....................................................................... was die ............................................ weg.
2. Hy het mooi geel ................................................................................................
3. Hulle sal 'n ............................................................................................... betaal.
4. Skakel die ............................................................................................. nommer.
LU 3.3.5 |
LU 4.1 |
- Lees die koerantberig.
Nuus van die dieretuin
Die opsigter is raad-op!
Hy het so baie oproepe, fakse, briewe en telegramme gekry.
Almal sê hulle het die papegaai gesien.
Hy weet nie waar om te begin soek nie.
Sy boodskappe het almal deurmekaar geraak.
Wie kan hom help?
LU 3.1.2 |
Fakse
bl_f
bl_r
bl_k
bli_k
bl_k
bl_
bl_m
bl_k
Briewe
gl_s
gl_p
gl_
gl_d
gl___