Afrikaans huistaal
Hier volg die nuus
Opvoeders afdeling
Memorandum
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
- LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
- KLANKE EN WOORDBOU
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
- SKRIF
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
- DIE GEDIG
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Leerders afdeling
Inhoud
Telefoonoproepe
pl_t | sl_g | vl_g |
pl_k | sl_k | vl_k |
pl_k | sl_p | vl_ |
pl_ | sl__p | vl__r |
pl__g | sl_k | vl_g |
pl__t | sl_g | vl__ |
- Voltooi die woorde.
- Teken 'n prentjie langs elke woord.
- Skryf jou eie sinne met . . . . . . .
plat, plaat, sloop, slaap, vlooi, vloer.
LU 3.4.2 | LU 4.7.2 | LU 4.8 |
- As ek met iemand wat ver is wil "praat", kan ek dit so doen.
- Teken 'n prent en skryf 'n sin onderaan.
- Vra vir Ouma of Oupa of hulle ook so met hulle maats kon "praat" toe hy/sy jonk was.
LU 4.6.2 | LU 4.6.4 | LU 4.8 |
- Voltooi die blokkiesraaisel.
1 | |||||||
2 | 3 | ||||||
7 | |||||||
8 | 4 | ||||||
9 | |||||||
5 | |||||||
10 | |||||||
AF
1. Ek het gewen.Ek is baie ......................................................................................
2. Kyk hoe bl.................................................................................................. is hy.
3. Die konfyt is in die ..............................................................................................
4. Hy kl................................................................................................ in die boom.
5. Wat pl........................................................................................................... jou?
DWARS
2. Die hond bl...........................................................................................................
7. Hy gl.......................................................................................... op die nat vloer.
8. Hy sl.................................................................................................... die kos in.
9. Moenie so kl.................................................................................................. nie.
10. Kyk die mooi bl....................................................................................................
- Kies een en kleur dit in
LU 3.2.3 | LU 3.4.2 |
LU 4.1 |
- Lees van Flippie en Vlekkie.
Vlekkie is 'n hondjie.
Vlekkie is Flippie se hondjie.
Vlekkie begrawe sy bene in die tuin.
- Voltooi die storie met "vl" of "fl".
- Onthou die hoofletters aan die begin van 'n sin.
LU 3.4.2 | LU 3.4.6 |
Assessering
Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.3 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drie letterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.6 ‘n toenemende aantal hoëfrekwensiesigwoorde herken;
Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
4.6.4 probeer om ontbrekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie (hoofletters en punte) gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.