Ek koop |
vleis |
medisyne |
seëls |
kruideniersware |
skryfbehoeftes |
goudvissies |
roomys |
broodrolletjies |
bakkery. |
troeteldierwinkel. |
boekwinkel. |
slaghuis. |
kafee. |
apteek. |
poskantoor. |
supermark. |
Aktiwiteit 3
Om meer leestekens te gebruik [lu 4.5.3, 6.2.14]
Beantwoord die volgende vrae en skryf die antwoorde in volsinne soos julle reeds geoefen het. Onthou om jou sinne met ‘n hoofletter te begin en om ‘n punt aan die einde te sit.
(i) Wat koop jy by die skoenwinkel?
.....................................................................................................
(ii) Waar koop jy meubels?
.....................................................................................................
(iii) Wat koop jy as jy groentemark toe gaan?
.....................................................................................................
(iv) Waar pos jy briewe?
.....................................................................................................
(v) Waarheen gaan jy as jy medisyne moet koop?
.....................................................................................................
Aktiwiteit 4
Om taal te leer deur ‘n taalspeletjie te speel [lu 2.4.4]
HELP MY
('n Mondelinge speletjie met vrae wat gevra word)
(a) Verdeel die klas in twee groepe (A en B).
(b) Plak 'n naam van 'n winkel agter op die rug van elke leerder in groep A.
(c) Hierdie leerders mag nie weet wat agter op hul rûe geskryf staan nie.
(d) Alle leerders beweeg nou in die klaskamer of op die speelgrond . Groep A se leerders stel vrae aan die ander groep se leerders om uit te vind watter winkel hulle voorstel.
(e) Die leerders wat uitgevra word, mag alleenlik JA of NEE antwoord.
(Daar moet dus gewaak word teen dubbel vrae.)
Byvoorbeeld : Agter op Gabby se rug staan KAFEE .
Gabby vra vir Anton: "Kan jy seëls by my koop ?"
Anton antwoord: "Nee".
Gabby vra vir Tommy: "Kan jy klere by my koop ?"
Tommy antwoord: "Nee".
(f) Sodra 'n leerder weet watter winkel hy of sy voorstel, gaan hy/sy sit.
(g) Kyk wie kan die beste vrae stel.
(h) Die groepe ruil om en doen dieselfde aktiwiteit.
Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik:
- speel ‘n speletjie wat taal betrek.
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 vir inligting lees:
3.3.4 diagramme, grafieke en tabelle lees (soos ‘n stamboom).
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:
4.5.3 begin om ‘n groter verskeidenheid leestekens te gebruik.
Leeruitkoms 5: dink en redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).
Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme);
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.14 hoofletters en leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken).
Memorandum
Aktiwiteit 1
blomme
bly
blikkie
brug
drink, bruis
skooldrag, klere
dwaal
soldaat, fluit
troetel, fraai
gloei
groet
kleingeld, kruideniersware
potloodkryt
kwaai, stout
kry, plaas
eetplekke
pryse
pretpark
skool, skoene, skeur
sluit
smeek
smouse, vrugte, groente
snoepie
spaar, spyt, spandeer
staar, uitgestal
dra, swaar
woltrui, brei
twee, prys, getwis
vleis, slaghuise
vroeg
Aktiwiteit 2
vleis slaghuis
medisyne apteek
seëls poskantoor
kruideniersware supermark
skryfbehoeftes boekwinkel
goudvissies troeteldierwinkel
roomys kafee
broodrolletjies bakkery
Aktiwiteit 3
(i) Ek koop skoene by die skoenwinkel.
(ii) Ek koop meubels by die meubelwinkel.
(iii) Ek koop groente as ek na die groentemark toe gaan.
(iv) Ek pos briewe by die poskantoor.
(v) Ek gaan na die apteek toe as ek medisyne moet koop.