AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 4
DORP TOE
Module 25
DIE SPEELGOEDWINKEL
Aktiwiteit 1
Om eenvoudige sinne in die verlede tyd te maak [LU 6.2.2]
Wat het ek gekoop en waar?
('n Mondelinge aktiwiteit met die verlede tydvorm)
- Speel die volgende speletjie in 'n groepie van vier.
- Neem beurte om te "speel".
- Hou jou oë toe en druk jou vinger op 'n prentjie in die inkopiesak.
- Maak jou oë oop en beantwoord die vrae:
Wat het jy gekoop en waar het jy dit gekoop ?
Voorbeeld: Ek het 'n sandaal by die skoenwinkel gekoop .
Luister versigtig na die ander in jou groep.
Aktiwiteit 2
Om jou eie winkelsak te versier [LU 4.4.1]
'n INKOPIESAK
(Kreatiwiteit)
Baie winkels het hul eie inkopiesakke met die winkel se naam baie duidelik daarop aangebring. Dié sakke is gewoonlik kleurvol versier. Versier nou hierdie sak vir jou eie winkel - dink 'n naam uit vir jou winkel en dui dit op die sak aan. Jy kan selfs deur middel van sketse aandui wat jou winkel te koop aanbied.
Gee jou versierde sak vir twee maats om jou prent te assesseer. Hulle kan net die gepaste woorde in ‘n kleur van hul keuse onderstreep.
Wie assesseer? 1. ......................................................... (kleurkode )
2. ......................................................... (kleurkode )
Die inkopiesak is [ netjies, duidelik, pragtig, mooi, goed, onnet, deurmekaar, glad nie, beskrywend ] versier.
Aktiwiteit 3
Om ‘n gedig te lees en die rym te geniet [LU 3.2.1]
Speelgoedwinkel
('n Gedig met taalaktiwiteite)
Lees die gediggie in jul groepe. Elke leerder kan een versie lees.
SPEELGOEDWINKEL
Stap ek verby die speelgoedwinkel,
moet ek eers stilstaan;
want deur die volgepakte winkelvenster,
kyk die speelgoed vir my aan.
Dit blyk of al die speelgoed
stadig in beweging kom.
Hul wink en roep my nader.
Ek loer en staan verstom!
Die loodsoldaatjie is die eerste om te beweeg.
Hy marsjeer verby die ander so mooi.
Die speelgoed kyk hom agterna
in sy uniform van rooi.
Skielik begin die bootjie te beweeg
en vaar so stilletjies verby.
Die klein ou karretjie warm sy enjin op
en begin orals rond te ry.
Haantjie skrik hom byna flou
en gee ‘n harde kraai.
Die gestreepte vlaggie in die hoek geplant,
word wakker en begin te waai.
Die groot albasters in ‘n doos gebêre,
besluit om uit te rol.
Heel voor in die winkelvenster
draai ‘n nuutgeverfde tol.
Binne ‘n oogwink is alles verby
en staan die speelgoed weer op hul plek.
Vertel ek dit vir iemand anders,
dink hulle ek is gek.
Aktiwiteit 4
Om vrae van ‘n moeiliker aard te beantwoord [LU 5.2.1]
Bespreek die vrae in julle groepe en skryf die antwoorde in volsinne.
- Hoekom moes die kind stilstaan by die winkelvenster?
.....................................................................................................
.....................................................................................................
- Die kind staan “verstom”.
Wat beteken dit?
....................................................................................................
....................................................................................................