Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 4
Dorp toe
Module 23
Ken jou dorp
Aktiwiteit 1
Om ‘n eenvoudige plan te lees [lu 3.3.1]
'N DORPSPLAN
('n Luisteraktiwiteit)
(a) Kyk mooi na die kaart van die dorp terwyl jou onderwyser vir jou voorlees hoe jy moet loop om vir hom\haar te ontmoet.
Luister versigtig en vergelyk met 'n maat om te bepaal of julle by dieselfde gebou uitgekom het.
WAAR IS JY?
Ek kon die plek kry.
Aktiwiteit 2
Om mondelinge instruksies te gee [lu 2.3.2]
(b) VOLG MY INSTRUKSIES ('n Mondelinge aktiwiteit)
Werk nou in groepe van vier of vyf en neem beurte om vir jou maats in die groep instruksies te gee om by 'n sekere gebou uit te kom.
Maak gebruik van die dorpsplan.
Kyk of al jou maats by dieselfde plek uitgekom het.
Aktiwiteit 3
Om ‘n kort boodskap te skryf [lu 4.2.1]
BY DIE POSKANTOOR
'n Skriftelike aktiwiteit
Iemand verjaar en jou ouers stuur jou poskantoor toe om 'n telegram vir die persoon te stuur. Jy kan self kies vir wie jy 'n telegram wil stuur. Die boodskap moet kort wees, aangesien jy vir elke woord moet betaal.
Bestudeer eers die telegramvorm in julle groepe en bespreek wat julle waar gaan skryf.
Vul nou jou eie telegramvorm in en wys dit vir 'n maat om te lees. Die kontrolelys onderaan sal jou help met die invul van die telegram.
|
Binnelandse TelegramInland Telegram | BEDRAG/ AMOUNT | No. | |
AANTO | BLOKLETTERS/ BLOCK LETTERS | |||
VAN:FROM: | ||||
Moenie oor-gesend word nie. Not to be transmitted . |
Handtekening van afsenderSignature of sender | AdresAddress |
Voorletters en van in bloklettersInitials and surname in block letters | Telefoonnommer (as daar is) Telephone number (if any ) |
Skryf die ontvanger se naam, van en adres by die ‘aan’ blokkie.
Skryf die boodskap kort en duidelik.
Skryf van wie die boodskap is (sender).
Plaas jou handtekening in die regte spasie.
Skryf jou voorletters, van, adres en telefoonnommer.
Aktiwiteit 4
Om besighede en hulle produkte te klassifiseer [lu 5.2.3]
BESIGHEDE IN ONS DORP
Woordbou
Knip die dele van die woorde op die volgende blad uit om die name van die besighede in die dorp te bou. Plak die dele in die spasies by die ooreenstemmende leidraad.
vars brood | .............................................................................. |
boeke leen | ................................................................................ |
mediese voorskrif | .................................................................................... |
telegram | ..................................................................................... |
biltong, wors | ..................................................................................... |
filmvertoning | ....................................................................................... |
kruideniersware | ....................................................................................... |
klerasie | ........................................................................................ |
uiteet | ...................................................................................... |
aanklagkantoor | ...................................................................................... |
vrugte, groente | ...................................................................................... |
ruikers, kranse | |
stoele, beddens |
SLAG | TEEK | MARK | KE |
BIO | SU | KEL | MARK |
KAN | MEU | WIN | SKOOP |
PO | RE | SIE | KEL |
POS | MIS | TOOR | KLE |
LIO | WIN | BEL | AP |
RANT | GROEN | TE | RY |
BLOE | RES | TE | BIB |
TOOR | TEEK | PER | TAU |
BAK | HUIS | LI | KAN |
Assessering
Leeruitkoms 2: praat
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:
2.3.2 eenvoudige instruksies gee.
Leeruitkoms 3: lees en kyk
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 vir inligting lees:
3.3.1 eenvoudige kaarte en planne lees (soos ‘n roete).
Leeruitkoms 4: skryf
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
- vir ‘n sosiale doel skryf:
4.2.1 ‘n eenvoudige nota of boodskap skryf.
Leeruitkoms 5: dink en redeneer
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).
Memorandum
Aktiwiteit 4
- bak-ke-ry
- bib-lio-teek
- ap-teek
- pos-kan-toor
- slag-huis
- bi-os-koop
- su-per-mark
- kle-re-win-kel
- res-tau-rant
- po-li-sie-kan-toor
- groen-te-mark
- bloe-mis-te
- meu-bel-win-kel