Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 4
Die mense naaste aan my
Module 11
Van een taal na ‘n ander
HOE LYK ONS? (Mondelinge aktiwiteit)
Aktiwiteit 1
Om van teenoorgesteldes te leer [lu 6.2.5]
Vra die volgende vrae vir 'n maat en dan moet hy/sy dit ontken deur met “Nee'” te begin.
bv. Is Baba groot?
Nee , Baba is nie groot nie .
Baba is klein.
(a) Neem beurte om die vrae te vra. Kies die regte woord (teenoorgestelde) uit kolom B om by die vraag in kolom A te pas, soos in die voorbeeld hierbo.
AVRAE | BWOORDE | |
Is Oupa jonk? | kort | |
Is Mamma lank? | slim | |
Is Pappa klein? | oud | |
Is Boetie soet? | vet | |
Is Sussie lelik? | krom | |
Is Ouma regop? | groot | |
Is Ouboet dom? | sout | |
Is Baba maer? | mooi |
(b) Verbind die teenoorgesteldes met mekaar.
(c) Leer die teenoorgesteldes tuis.
DIE NUWE BABA (‘n Gedig en mondelinge aktiwiteit)
Aktiwiteit 2
Om van een taal na ‘n ander oor te skakel [lu 2.2.3]
Om rym te verstaan [lu 3.2.1]
(a) Lees die gediggie oor die nuwe klein baba in jul groepies. Neem beurte om 'n versie te lees en vertaal dit in Engels. Vertel vir jou maats in die groep wat jy gelees het.
ONS NUWE BABA
In die kamer net langs myne
is daar vandag ‘n nuwe kleinding.
Verlede week is Ma hospitaal toe
en toe het sy hom saam gebring.
Hy lê in sy klein bababedjie
en ek wil hom uitneem na die tuin.
Ma sê: Los jou bababoetie;
hy is nog veels te klein.
Ek sing vir hom ‘n liedjie
en sê vir hom ‘n rympie op.
Dit lyk of hy nie van my hou nie,
want hy roer nie eens sy koppie nie.
Ek vat sy klein ou handjie vas
en trek hom aan sy armpies op.
Skielik gaan sy ogies oop
en trek sy mondjie op ‘n knop.
Wat het ek dan nou gedoen
dat hy so lelik met my is?
Ek wou maar net ‘n bietjie speel,
maar blykbaar moet hy baie rus.
Aktiwiteit 3
Om van verkleinwoorde te leer [lu 6.2.6]
(a) Onderstreep al die woorde wat aandui dat die baba klein is.
bv. Die baba slaap in 'n bedjie .
Kyk mooi na die spelling van die woorde. Wat het met die woorde gebeur? Bespreek dit in jul groepe.
(b) Lees nou die volgende leesstuk saam met 'n maat en probeer om die woorde tussen hakies ( ) so te lees dat dit reg inpas en vir ons sê hoe 'n klein mensie lyk.
Ons baba het twee klein (oë) waarmee hy na ons kyk. Hy draai sy (kop) as hy 'n geluid met sy (ore) hoor. Hy ruik met sy (neus) en trek sy (mond) skeef as hy huil. Aan sy klein (lyf) het hy twee (arms) en twee (bene). Hy waai met sy (hand) en skop met sy (voet). Ek is baie lief vir my bababoetie.
(c) Skryf nou die paragrafie oor en gee die regte vorm vir die woorde tussen hakies.
.............................................................................................................