Afrikaans eerste addisionele taal
Graad 4
Die mense naaste aan my
Module 10
Oupa en ouma
(Mondelinge en skriftelike beskrywing)
Aktiwiteit 1
Om mense te beskryf [lu 2.3.3]
(a) Plak in die spasie prente van Ouma en Oupa en beskryf hulle mondelings in jul groepe. Maak gebruik van die vrae om julle te help.
Is hulle jonk of oud? Hoe weet jy?
Hoe lyk hul hare, gesigte en hande?
Wat doen hulle graag? Hoe voel jy oor hulle?
Aktiwiteit 2
Om ‘n paragraaf te skryf [lu 4.5.1]
(b) Skryf die volgende sinne se woorde in die regte volgorde.
Oupa
is Oupa man ou 'n.
baard het Hy en 'n hare grys min.
sit en Hy koerant in stoel lees 'n.
met stap Oupa 'n kierie.
Ouma
grys Ouma het bollatjie 'n.
'n dra Sy bril.
sokkies vir brei Sy kleinkinders haar.
radio luister graag Ouma die na.
Oupa ....................................................................................................
.............................................................................................................

Ouma ....................................................................................................
.............................................................................................................
.............................................................................................................
.............................................................................................................
SPELLYSTE
Aktiwiteit 3
Om die korrekte spelling van woorde te leer [lu 6.1.2]
Lees die woorde wat volgens klanke gegroepeer is en let op na die betekenis. Leer die spelling van die woorde.
wie: Wie is jou ouers?
siek: As ek siek is, versorg my ma my.
tien: Ek het tien vingers.
sien: Ek sien my familie baie min.
dief: Die dief het my pa se motor gesteel.
knieë: Ek buig my twee knieë as ek gaan sit.
lief: Ek is lief vir my ouers.
lied: Ons familie sing graag 'n lied saam.
wiel: Pappa maak die wiel van my fiets reg.
vies: Mamma is vies vir ons as ons nie ons kos eet nie.
Let op na die volgende. Hulle word wel verskillend uitgespreek. Verbind die woord met sy Engelse vertaling.
Afrikaans | Engels |
dier | expensive |
duur | door |
deur | animal |
vier | four |
vuur | feather |
veer | fire |
mier | more |
muur | ant |
meer | wall |
bier | beer |
buurman | bear |
beer | neighbour |
nies | nose |
nuus | to sneeze |
neus | news |
hier | to rent |
huur | here |
heer | gentleman |
oe - woorde
Onderstreep al die oe- woorde en skryf die woorde op ‘n papier of blaaibord neer in jul groep. Bespreek die betekenis van die woorde.
- Ouma bak 'n koek as ons verjaar.
- As Vader moeg van die werk af kom, hoef hy nie die motor te was nie, want die kinders doen dit.
- Die kinders moet soet wees, anders roep Pa vir hulle kamer toe.
- As ons hoes en siek voel, mag ons in die bed lê en boek lees.
- Moeder voer ons baba boetie en soen hom as hy al sy kos opeet.
- Sussie loer om die hoek as sy haar pop soek.
- Ons oupa wat op die plaas boer, noem sy kleinkinders, "Woelwaters".