This page is optimized for mobile devices, if you would prefer the desktop version just click here

2.5 Woordeskat

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 4

Die mense naaste aan my

Module 12

Woordeskat

TOETS

Aktiwiteit 1

Om ‘n blokkiesraaisel in te vul [lu3.5.3]

(a) Maak gebruik van die leidrade om die blokkiesraaisel te voltooi.

1 2
3
4 5 6 7
8
9
10 11 12
14
15
16 17
18

Leidrade

1. Die man sê dat (sy/hy) baie van kinders hou.

2. Die meisie is haar ma se ..................................................

3. ...............................................is al tien jaar oud (sy/jy/hy)

4. My ma is 'n .......................................................................

5. My pa se broer is my .......................................................

6. 'n Ander woord vir Pa is ...................................................

7. My tannie se dogter is my ................................................

8. My ma se seun is my .......................................................

9. 'n Ander woord vir Ma is ..................................................

10. My pa se pa is my ............................................................

11. My pa en ma is my ...........................................................

12. My broer is my pa se.........................................................

13. My ma se dogter is my .....................................................

14. My ma se suster is my .....................................................

15. My ma se ma is my ..........................................................

16. My oom se seun is my .....................................................

17. My pa is 'n ........................................................................

18. Ek en my broer is Oupa en Ouma se ..............................

[18  2 = (9)]

Aktiwiteit 2

Om kennis van telwoorde te toets [lu 6.2.9]

(b) Skryf die volgende getalle in woorde:

Ons is (7) .......................... mense in ons gesin. Daar is (3) ....................

grootmense en 4) .......................... kinders. Ek is die (2de) .....................

kind. My oudste broer is die (1ste) .............................. kind en my jonger

broer is die (3de) .............................................. kind.

(6)

Aktiwiteit 3

Om kennis van teenoorgesteldes te toets [lu 6.3.2]

(c) Kyk na die prentjie en voltooi die volgende sinne:

(i) Die kinders sit ....................... Oupa ..................... die vloer. (1)

(ii) Mamma is nie lelik nie, maar ................................................. (1)

(iii) Die kinders is nie soet nie, maar ............................................ (1)

Beantwoord die volgende vrae met "nee”: Skryf die antwoorde neer.

(a) Is Oupa jonk?

Nee, ...................................................................................................

................................................................................................... (1)

(b) Is Mamma vet?

Nee, ...............................................................................................

.............................................................................................……. (1)

(5)

Totaal: 20

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.5 vir genot en inligting lees:

  • raaisels oplos (soos blokkiesraaisels).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.9 determineerders en telwoorde (soos: ‘n, die, een, tweede, min, baie);

  • sy/haar woordeskat ontwikkel:
  • algemene woorde met teenoorgestelde betekenis verstaan en gebruik (soos: lelik/mooi).

Memorandum

Aktiwiteit 1

1. hy

2. dogter

3. sy

4. vrou

5. oom

6. vader

7. niggie

8. broer

9. moeder

10. oupa

11. ouers

12. seun

13. suster

14. tante

15. ouma

16. neef

17. man

18. kleinkinders

Aktiwiteit 2

(b) sewe; drie; vier; tweede; eerste; derde

Aktiwiteit 3

(c) (i) langs, op

(ii) mooi

(iii) stout

(d) Nee, oupa is oud.

(e) Nee, mamma is maer.

<< Chapter < Page Page > Chapter >>

Read also:

OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.
Jobilize.com uses cookies to ensure that you get the best experience. By continuing to use Jobilize.com web-site, you agree to the Terms of Use and Privacy Policy.