<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Ganse is “waghonde”
Ganse word beskou as uitstekende wagters in die nag. Sommige boere hou ganse op die plaas aan en maak vir hulle slaapplek naby die kraal waar die vee snags slaap. Indien daar ‘n bedreiging gedurende die nag is, is die ganse altyd die eerste om dit agter te kom en hulle maak dan dadelik ‘n groot lawaai. Sodoende word die boer gewaarsku en kan hy sy eiendom, byvoorbeeld klein lammertjies, beskerm.
Wanneer ons praat, sukkel ons gewoonlik nie met verkleinwoorde en meervoude nie. Omdat ons Afrikaanssprekers is, weet ons amper instinktief wat die korrekte gebruik van verkleinwoorde en meervoude is. Die uitdaging is om dit korrek te spel! Kom ons leer ‘n paar dinge oor ons eie taal.
Verkleinwoorde
In die storie het ons gelees van ‘n klein mannetjie. Die woord mannetjie is die verkleinwoord van man.
Kyk goed na die onderstreepte woord in die volgende sin.
Die bedreiging laat die ganse wakker word.
As 'n woord op -ng eindig en uit meer as een lettergreep bestaan, verander die -ng na -nkie om die verkleinwoord te vorm.
Op watter twee letters eindig die onderstreepte woord?
Uit hoeveel lettergrepe bestaan die onderstreepte woord?
Skryf nou die verkleinwoord neer van hierdie woord.
Wat het nou met die -ng gebeur?
Onthou die reël hierbo by punt 1.
AKTIWITEIT 7
OM DIE GEBRUIK VAN VERKLEINWOORDE TE VERSTAAN
[LU 6.2.11]
a) Gebruik nou jou kennis van die reël hierbo om die verkleinwoorde van die volgende neer te skryf:
kussing | piesang | |||
leuning | koning | |||
woning | horing | |||
ketting | piering | |||
toring | doring |
b) Lees die gediggie hieronder sorgvuldig deur. Probeer om al die verkleinwoorde met potlood te onderstreep. Daarna sal julle opvoeder julle daarmee help en dan kan jy hulle in kleur merk.
Die Watervolkies
Stemme, stemme fluister,
saggies, saggies in die duister!
Is dit bo, of is dit onder,
al die suise, sagte ruise?
O, ek wonder, wonder, wonder!
Hoor die skaterlaggies-laggies
en die geute drup-drup saggies,
tienkel bo en doempel onder!
O, die volkies van die wolkies,
wat gesels hul so, ek wonder . . .
Nou’s dit oor, ‘k hoor niks meer buite.
Ek gaan loer tog deur die ruite –
nee, ‘k sien niks nie, net daar ver
dryf die wolkies met die volkies
oor die bome, verder, verder . . .
En ‘n kriekie kriek-kriek binne,
hou eers op, dan weer beginne;
Japie luister, gaap en . . . gapies . . .
en met armpie teen die raampie
val die outjie vas aan slapies.
A.G. Visser
Jy het reeds geleer dat ‘n selfstandige naamwoord ‘n enkelvoud en ‘n meervoud het. Ons gaan nou verder daaraan aandag gee.
AKTIWITEIT 8
OM EIE PERSOONLIKE SPELLYS TE SKEP [LU 6.1.1]
OM DIKWELS GEBRUIKTE WOORDE KORREK TE SPEL EN UITSONDERINGS TE HERKEN [LU 6.1.2]
OM DIE AFKAPPINGSTEKEN REG TE GEBRUIK [LU 6.1.4]
OM DIE GEBRUIK VAN MEERVOUD EN ENKELVOUD TE VERSTAAN [LU 6.2.11]
a) Voltooi die volgende tabel. Gebruik ‘n goeie woordeboek as jy vashaak.
Meervoude en Verkleinwoorde | ||||
Kernwoord | Meervoud | Verkleinwoord | ||
veer | vere | veertjie | ||
bottel | ||||
brood | ||||
wond | ||||
woord | ||||
potlood | ||||
stem | ||||
wolk | ||||
kriek | ||||
boek | ||||
raam | ||||
boom | ||||
woning | ||||
koning | ||||
tekening | ||||
rekening | ||||
lam | ||||
kalf | ||||
bok | ||||
plek |
In die oefening hierbo het jy 'n belangrike reël ten opsigte van verkleinwoorde toegepas, naamlik:
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 5' conversation and receive update notifications?