<< Chapter < Page Chapter >> Page >

2. Die twee tekeninge van dieselfde klaskamer verskil in grootte omdat die skaal waarop hulle geteken is, verskil.

3. Meet iets anders op jou skoolterrein wat heelwat groter is as jou klaskamer, byvoorbeeld die skoolsaal of die rugbyveld. Teken dit op dieselfde grootte papier as in die geval van jou klaskamer. Om dit reg te kry, moet jy meer meters per sentimeter vir jou plan / kaart gebruik as toe jy jou klaskamer geteken het. Die skaal gaan dus verskil, omdat jy ‘n groter area op dieselfde grootte papier moet teken.

Dui die skaal as ‘n lynskaal op jou kaart aan.

Aktiwiteit 4:

Om afstand op ‘n atlaskaart en ‘n aardbol te bepaal

[lu 1.3]

1. Maak jou atlas oop by ‘n kaart van Suidelike Afrika. Bepaal die werklike afstand in kilometer tussen die volgende plekke. Meet langs ‘n reguit lyn (soos die kraai vlieg).

a) Kaapstad – Oos-Londen km

b) Durban – Johannesburg km

c) Pretoria – Kimberley km

d) Kimberley – Kaapstad km

2. Bepaal die werklike afstand tussen die volgende plekke op ‘n aardbol:

a) Durban en Sydney km

b) Kaapstad en Rio de Janeiro km

c) Parys en New York km

d) Tokio en Moskou km

2. Kaartsimbole en kaartsleutel

Ingesluit in hierdie module is ‘n 1:50 000 topografiese kaart van Ceres, asook ‘n volledige lys van kaartsimbole op die daaropvolgende bladsy. Hierdie kaartsimbole moet bestudeer word, sodat jy die verskillende eienskappe kan erken wanneer ons op die kaart van Ceres werk.

Julle hoef nie noodwendig hierdie oefening oor Ceres te doen nie. Vra jul onderwyser om betyds ‘n kaart van jul eie stad of dorp en distrik te bestel, sodat julle ‘n studie van jul bekende omgewing soos wat dit op ‘n kaart aangetoon word, kan maak. Julle sal verbaas wees oor die magdom inligting wat daarin opgesluit is. Maak ‘n studie van die wyse waarop berge met verskillende vorme, bergklowe, valleie en dies meer, voorgestel word.

SKRYF AAN: DIE STAATSDRUKKER

PRIVAATSAK X85

PRETORIA

en bestel ‘n amptelike 1:50 000 kaart van die gebied waarin julle dorp of stad geleë is. Dit kos verrassend min.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ‘n verskeidenheid aardrykskundige en omgewingsbronne relevant vir ‘n ondersoek identifiseer [vind bronne];
1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige grafieke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne];
1.3 afstande op aardbolle, atlasse en kaarte meet deur lynskale te gebruik [werk met bronne];

Memorandum

Aktiwiteit 1:

Soorte kaarte Funksie
Bou en dreinering Dui ligging van berge, riviere, ens. aan
Klimaatstreke Dui temperatuur, lugdruk, reënval aan
Plantegroei Dui tipe plantegroei aan
Bevolkingsverspreiding Dui verspreiding van mense aan
Menslike bedrywighede Dui ekonomiese aktiwiteite aan
Staatkundige verdeling Dui provinsies en hoofstede aan
Delfstowwe Dui tipe mynbouaktiwiteite aan

Aktiwiteit 4:

1. a) ± 925 km

  1. ± 500 km
  2. ± 500 km
  3. ± 840 km

2. a) Durban en Sydney: 8250 km

b) Kaapstad en Rio de Janeiro: 4750 km

c) Parys en New York: 5250 km

d) Tokio en Moskou: 7250 km

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask